Roland Garros

Franse vlieënier

Roland Garros (6 Oktober 1888 – 5 Oktober 1918) was 'n Franse vlieënier en vegvlieënier tydens die Eerste Wêreldoorlog.[1]

Roland Garros
Roland Garros in 1910
Gebore
Eugène Adrien Roland Georges Garros

6 Oktober 1888
Sterf5 Oktober 1918 (op 29)
Vouziers, Frankryk
Titelvlieënier

In 1928 is die Roland Garros-tennisstadion na hom vernoem; die Franse Ope-tennistoernooi kry die naam van Roland Garros, wat in dié stadion gehou word.[2]

Biografie

Garros is in Saint-Denis, Réunion gebore en het aan HEC Paris gestudeer.[3][4][5] Hy het sy vliegloopbaan in 1909 begin deur die Santos-Dumont-eenvliegtuig te vlieg, 'n vliegtuig wat net goed gevlieg het as dit deur 'n liggewigvlieënier gevlieg is. In 1911 het Garros sy studies voltooi en die Bleriot-eenvliegtuig gevlieg en aan verskeie wedrenne in Europa deelgeneem. Hy was 'n vooraanstaande vlieënier voordat die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het ; in 1913 het hy van vliegtuie verander deur die Morane-Saulnier N te vlieg, 'n aansienlike verbetering bo die Blériot, en het beroemd geword vir 'n ononderbroke vlug oor die Middellandse See van Fréjus in Suid-Frankryk na Bizerte in Tunisië. Die volgende jaar het Garros by die Franse leër aangesluit toe die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.

Verwysings

Eksterne skakels