Republiek van Texas

Die Republiek van Texas (Engels: Republic of Texas) was 'n onafhanklike Noord-Amerikaanse republiek wat op 2 Maart 1836 gestig is en tot op 19 Desember 1845 bestaan het. Die republiek het toe die Staat Texas, die agt-en-twintigste deelstaat van die Verenigde State geword.

Republic of Texas
Republiek van Texas

1836-1845

VlagWapenskild
VlagWapen
Ligging of Texas
Ligging of Texas
HoofstadWashington-on-the-Brazos (1836)
Harrisburg (1836)
Galveston (1836)
Velasco (1836)
Columbia (1836–37)
Houston (1837–39)
Austin (1839–46)
Taal/TaleEngels
GodsdiensRooms-Katolieke Kerk
RegeringRepubliek
President
 - 1836David G. Burnet
 - 1836-1838Sam Houston
 - 1838-1841Mirabeau B. Lamar
 - 1841-1844Sam Houston
 - 1844-1845Anson Jones
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - 2 Oktober 1835Begin van die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog
 - Onafhanklikheid van Meksiko2 Maart 1836
 - Amerikaanse verowering29 Desember 1845
 - Verdrag van Guadalupe Hidalgo2 Februarie 1848
Oppervlakte
 - 18401 007 935 km2
389 166 sq mi
Bevolking
 - 1840 skatting70 000 
     Digtheid0,1 /km² 
0,2 /sq mi
GeldeenheidDollar ($)

Oorsig

Die eerste vlag van die Republiek van Texas vanaf 1836 tot 1839.
Verskeie voorstellings vir Texas se noordelike en westelike grense tydens die debat van 1850.

Die Republiek, wat ná die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog van Meksiko onafhanklik geword het, het die gebied van die huidige Amerikaanse deelstaat Texas en dele van Nieu-Meksiko, Oklahoma, Kansas, Colorado en Wyoming, volgens die Verdrag van Velasko met Meksiko, geëis.

Die oostelike grens met die Verenigde State was volgens die Adams-Onís-Verdrag van 1819 tussen die Verenigde State en Spanje gedefinieer. Die suidelike en westelike grens was tydens die hele bestaanstydperk van die Republiek omstrede, waarin Texas die Rio Grande en Meksiko die Nueces River as gemeenskaplike grens beskou het. Hierdie konflik het ná die anneksasie van Texas deur die Verenigde State tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog gelei.

Presidente en Visepresidente

Presidente en Visepresidente van die Republik van Texas
vantotPresidentVisepresident
16 Maart 183622 Oktober 1836David G. Burnet
(voorlopig)
Lorenzo de Zavala
(voorlopig)
22 Oktober 183610 Desember 1838Sam HoustonMirabeau B. Lamar
10 Desember 183813 Desember 1841Mirabeau B. LamarDavid G. Burnet
13 Desember 18419 Desember 1844Sam HoustonEdward Burleson
9 Desember 184429 Desember 1845Anson JonesKenneth L. Anderson

Verwysings

Eksterne skakels