Repsyfer

In ontspanningswiskunde is 'n repsyfer (Engels: repdigit of monodigit)[1] 'n natuurlike getal wat uit 'n herhalende syfer bestaan. Die term is 'n kombinasiewoord van "repeterende" en "syfer". Wiskundig beskou het dié getalle geen besondere eienskappe nie.

In die tiensyferstelsel is voorbeelde van repsyfers 11, 222, 7777 en 9999999. Een van die bekendstes is 666 (die getal van die dier in die Bybelboek Openbaring).

Numerologie

Sommige gewilde publikasies het artikels gepubliseer wat repsyfers "engelgetalle" noem[2][3][4] en daarop skimp dat die nommers numerologiese waarde het.[5] "Engelgetalle" is in 2005 deur Doreen Virtue en Lynnette Brown gedefinieer.[6]

Verwysings

Skakels