Ram Barkai

Ram Barkai (geb. 22 Oktober 1957) is ’n Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer, bekend vir sy bykans bomenslike vermoë om lang afstande in yswater te swem, byvoorbeeld in die Antarktika en in Siberië, gewoonlik met net ’n speedo, swempet en -bril.[1] Hy word deur sommige as die taaiste swemmer ter wêreld beskou, wat nie skroom om die ysige water van Switserland of die haai-besmette water van Suid-Afrika aan te durf nie.[2]

Ram Barkai
Gebore22 Oktober 1957
Kibbutz Maagan, Israel
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepOopwaterswemmer
Bekend virSwem is ysige koue water
Kinders4

Barkai is in Israel gebore en emigreer in 1966 na Suid-Afrika, waar hy aan oopwaterswem blootgestel is. Hy hou talle wêreldrekords en het in verskeie TV-programme verskyn, insluitend die dokumentêr Stan Lee's Superhumans.[3][4] Hy is ook die stigter van die Internasionale Ys-swem Assosiasie.[5]

Barkai het nege jaar in die Israeliese Weermag gedien.[6] Van 2005 tot 2012 was hy die hoof uitvoerende beampte en 'n direkteur van die maatskappy Cadiz Holdings Limited.[7][8][9] Hy woon tans in Kaapstad en het vier kinders.[2]

Plekke geswem

Barkai het al reg oor die wêreld geswem, insluitend:

  • Na Robbeneiland – 17 keer.
  • Kanaal van Rottnest-eiland – naakte solo-kategorie.
  • Om Kaappunt – saam met Andrew Chin, eerste mense om dit te doen.
  • Om die Kaapse Skiereiland – 100 km aflos.
  • Oor die Meer van Tiberias – 10 km breed, 22 km lank.
  • Antarktika – 1 km teen 1°C by 70 grade suid – 'n Guinness-wêreldrekord (2008).
  • Meer van Zürich – 2,3 km teen 4°C.
  • Deel van span van 6 wat die lengte van die Oranjerivier geswem het (2000 km).
  • Om Pennock-eiland, Alaska – 14 km.
  • Straat van Magellaan en deel van 'n span van 5 Suid-Afrikaners wat die eerste keer ooit om Kaap Hoorn geswem het.
  • Tjoemen, Siberië – 1 km teen 0°C en 1.5 km teen 0°C, lugtemperatuur -33°C.
  • Moermansk, Rusland – 1 myl teen 0°C.
  • Deel van 'n internasionale aflosspan wat oor twee breedtes van die Beringstraat geswem het – 134 km, water 2°C-8°C.
  • Neko-hawe, Antarktika – 1.2 km in water van -1°C.

Verwysings

Eksterne skakels