Pylgif

Die pylgif[1] (Adenium boehmianum) is 'n giftige vetplant wat inheems is aan noord-Namibië en suid-Angola.[2] Die Boesmans kook die bitter wortel- en melksap om gif vir hul pyle te berei, wat voldoende is vir die jag van grootwild, aangesien dit oor sterk kardiotoksiese effekte beskik.[2] Die blare, wat slegs vir drie maande in die jaar gedra word, is langs 'n spiraal op die tak gerangskik, met 'n tros blare aan die takpunt. Die plant blom slegs vir 'n paar weke in wintertyd.[2] Die langwerpige vrugte laat hul sade vry deur 'n langskeepse gleuf. Die sade beskik oor sywaartse veseltossels wat verspreiding deur wind vergemaklik.[3][4]

Pylgif
'n Pylgif in blom naby die Kunenerivier, Namibië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
Angiosperme
(geen rang):
Eudikote
(geen rang):
Asteride
Orde:
Gentianale
Familie:
Genus:
Spesie:
A. boehmianum
Binomiale naam
Adenium boehmianum
Schinz, (1888)
Sinonieme
  • Adenium obesum subsp. boehmianum (Schinz) G.D.Rowley

Verwysings