Pula

Hierdie artikel handel oor die hawestad in Kroasië. Vir Botswana se geldeenheid sien Botswana pula.

Pula (Italiaans: Pola) is 'n hawestad in die weste van Kroasië langs die Middellandse See. Tot en met 1797 was die stad 'n Venesiaanse besitting en het daarna onder Habsburgs-Oostenrykse bewind gekom. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Pula weer by Italië ingelyf. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die stad by Joego-Slawië ingelyf. Sedert 1991 is die stad in Kroasië geleë nadat dié land sy onafhanklikheid verkry het. In 1946 was nog 90% van die bewoners etniese Italianers, maar die meeste van hulle het na Italië geëmigreer.

Pula

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Kroasië Kroasië
 Provinsie Istrië
 Koördinate44°52′N 13°51′O / 44.867°N 13.850°O / 44.867; 13.850
 Stigting45 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal51,65 vk km
 Hoogte bo seevlak30 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2019)57 460
 - Bevolkingsdigtheid1 100/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterBoris Miletić (IDS)
 Amptelike webwerfpula.hr Geargiveer 8 Maart 2017 op Wayback Machine
Die hawe van Pula
Die Arena van Pula
Tempel van Augustus

Ekonomie

Skeepsbou is die belangrikste industrie en Pula is die tuiste van Uljanik en Tehnomont, twee groot skeepsbouwerwe.

Toerisme

Toerisme vorm 'n baie belangrike deel van die ekonomie: die stad het baie ou Romeinse geboue en 'n warm klimaat met 'n groot strand.

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pula.
  • (en) Toerisme-inligting oor Pula op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf van Pula Geargiveer 8 Maart 2017 op Wayback Machine
  • (en) "Pula". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 Maart 2020.