PuTTY

PuTTY is 'n vrye telnet- en SSH-kliënt. Die sagteware stel gebruikers in staat om met 'n ander rekenaar verbind te word, meestal 'n bediener wat 'n UNIX-gebaseerde bedryfstelsel loop. PuTTY is 'n vervanging vir die verouderde terminaal (ook 'n Teletype of TTY genoem), 'n dom masjien wat voor die bekendstelling van die Persoonlike rekenaar gebruik was om met 'n bediener te koppel.

PuTTY
Kort opsomming van die logo.

OntwikkelaarSimon Tatham
Nuutste weergawe0.81[1] Edit this on Wikidata/ 15 April 2024
BedryfstelselMicrosoft Windows, UNIX
KategorieTerminaal-emulators
LisensieMIT lisensie
Webbladwww.chiark.greenend.org.uk/~sgtatham/putty/ Edit this at Wikidata

Die verbinding tussen die terminaalsagteware en die bediener verloop meestal deur die SSH-protokol wat as veilige opvolger van die verouderde telnet protokol beskou word.

PuTTY het geen installasieprogram nie, en kan gevolglik enige plek op die hardeskyf geplaas word. Die sagteware is beskikbaar vir Microsoft Windows en UNIX-tipe bedryfstelsels.

Die PuTTY-pakket bestaan uit 'n aantal programme:

  • PuTTY - die telnet- en SSH-kliënt
  • PSCP - 'n program om lêers deur 'n veilige verbinding na 'n ander rekenaar te kopieer
  • PSFTP - 'n SFTP-kliënt, vir veilige FTP-verbindings
  • PuTTYtel - 'n telnet-kliënt (sonder SSH)
  • Plink - 'n program wat opdraglyn (command line) toegang tot die PuTTY-funksionaliteit verskaf
  • Pageant - 'n SSH-waarmerkagent, vir die berekening van geheime sleutels
  • PuTTYgen - 'n program om geheime sleutels mee te genereer

Verwysings

Eksterne skakels