Pous Gajus

Gajus (ook gespel ‘Caius’) was die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Gajus
GeboortenaamGajus
Pontifikaat begin17 Desember 283
Pontifikaat eindig22 April 296
VoorgangerEutichianus
OpvolgerMarcellinus
Gebore
Romeins-Dalmasië
Sterf22 April 296
Rome, Italië
Sint Pous Gajus

Voorstelling van Gajus se martelaarskap deur Lorenzo Monaco
Gebore Romeins-Dalmasië
Sterfte22 April 296, Rome, Italië
Vereer inRooms-Katolieke Kerk
Oosters-Ortodokse Kerk
Feesdag22 April (Rooms-Katolieke Kerk)
18 Desember (Oosters-Ortodokse Kerk)
AttributePouslike tiara en Sint Nereus
Beskermheiligeverering in Dalmasië en Venesië

Biografie

Pous Gajus is waarskynlik gebore in Dalmasië en was dalk verwant aan die heilige Susanna van Rome (ook Susanna van Concordia genoem). Susanna se pa, die heilige Gabinius was glo 'n broer van Gajus. Daar word ook beweer dat hy verwant was aan keiser Diocletianus. Op 17 Desember 283 volg hy Pous Eutichianus op en regeer tot sy dood op 22 April 296. Hy word opgevolg deur Pous Marcellinus.

Pontifikaat

Daar is feitlik niks bekend oor sy lewe. Sy bewind word gekenmerk deur 'n tyd van vrede voor die laaste vervolging. Hy word genoem in die “Deposito Epicoporum” uit die 4de eeu, maar nie as martelaar nie. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. Sy seëlring is in sy graftombe gevind.

Verering

Pous Gajus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk en sy feesdag is op 22 April, saam met Pous Soter. In die Oosters-Ortodokse Kerk is sy feesdag op 18 Desember. Hy word gewoonlik afgebeeld met die pouslike tiara en saam met die heilige Nereus. Hy word veral in Dalmasië en Venesië vereer.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Eutichianus
Biskop van Rome
283296
Opgevolg deur
Marcellinus