Poekoe

Die poekoe (Kobus vardonii) is 'n wildsbok wat in die noorde van Botswana voorkom. Dit is 'n middelslagbok met 'n horisontale rug. In Engels staan dit bekend as Puku.

Poekoe
'n Ram (Zambië)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Kobus
Spesie:
K. vardonii
Binomiale naam
Kobus vardonii

Kleur

Die bok is feitlik oor sy hele lyf goudbruin en die pens is wit. Die voorkop is donkerder as die lyf. Dele bokant die oë en om die mond is wit. Agter die ore is 'n breë donkerbruin rand. Die horings lyk amper soos dié van 'n rooilechwe, maar is korter en meer regop.

Geslagsverskille

Die ramme weeg tot 91 kg en die horings word gemiddeld 45 cm lank; die rekord is 56,2 cm. Die ooie weeg tot 80 kg en het nie horings nie. Een lammetjie word jaarliks gebore na 'n dratyd van 8 maande; die spitstyd is tussen Mei en September.

Ander feite

Die bok is 'n kuddedier met troppe van 6 tot 28 diere. Die troppe bestaan uit ooie en jong diere. Die ramme is territoriaal en loop alleen. Hulle maak in die paartyd 'n paar ooie bymekaar. Die bokke kom voor in grasvlaktes tussen die vloedvlaktes en omliggende boomveld. Hulle vreet hoofsaaklik gras en hulle natuurlike vyande is die jagluiperd, luiperd, leeu en wildehond.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels