Platteland (rolprent)

Platteland is 'n Afrikaanse musiekrolprent wat in Vrede en omgewing deur die Mozi-platemaatskappy en Philo-films vervaar­dig is. Die regisseur is Sean Else. Die rolprent het op 12 November 2011 in teaters begin draai.[1]

Platteland
RegisseurSean Else
ProduksieleierJohan Kruger
DraaiboekSean Else
Deon Opperman
MetSteve Hofmeyr
Lianie May
Bok van Blerk
Musiek deurJohan Vorster
Deveroux van der Hoven
KinematografieBrendan Keyser
RedigeerderJames Carroll
AteljeeMozi-platemaatskappy
Philo-films
Uitgereik12 November 2011
Speeltyd120 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
IMDb-profiel

Eietydse musiektreffers is in die storielyn ingeweef, insluitende: Melanie (Jay), Tyd om te Trek (Bok van Blerk), Vergeet My Nie (Lianie May), Pa en Seun (Steve Hofmeyr en Bok van Blerk) en Sweet Dreams (Karlien van Jaarsveld).

Genre

Die rolprent is 'n drama en musiekblyspel.

Hoofrolspelers

Storielyn

Riana van Niekerk doen alles in haar vermoë om hulle familieplaas te behou nadat haar ouers wreed vermoor is. Mike Ferreira besit die dorp en sal enige iets denkbaar doen om die grond in die hande te kry. Dirk Pretorius, 'n swerwer met sy eie geheime, kom tot hulle redding.

Sien ook

Verwysings