Platbeen

Platbene is bene waarvan die hoofdoel is om óf uitgebreide beskerming óf vashegplek vir spiere te bied. Dié bene is breë, plat plate,[1] soos in die skedel, bekken, bors en ribbekas.

Platbeen
Inligting en eksterne bronne
Platbene in die menslike liggaam (in rooi).
Platbene in die menslike liggaam (in rooi).
Inligting
LatynOs planum
LiggingIn die hele liggaam
WerkingUitgebreide beskerming
Vashegplek vir spiere
Eksterne bronne
FMA7476

Die verskillende platbene is: die pariëtale bene (aan die kant van die skedel), die voorkop, agterkop, neusbeen, traanbeen, ploegskaarbeen, heupbene, borsbeen, ribbes en bladbeen.[1] Die skedelbene bevat twee lae kompakte weefsel; die buitenste een is dik en sterk, en die binneste een dun, dig en bros (ook glasagtig genoem).[1]

Die platbene bestaan uit twee dun lae kompakte been met tussenin sponsagtige been,[1] waarin die rooi beenmurg voorkom. In volwassenes word die meeste rooibloedselle in platbene gevorm.

Verwysings

Eksterne skakels