Pirog

Pirog (Russies: пиро́г) is 'n gebakte deegdop met 'n soet of sout vulsel.[1][2] Die gereg is algemeen in die Oos-Europese kookkuns. Pirogi (пироги́, meervoud) word beskryf as "alomteenwoordig in die Russiese lewe" en "die gewildste en belangrikste gereg"[3] in Rusland.

Pirog
'n Vispirog.
'n Vispirog.
Soort geregPastei
LandRusland, Belarus, Oekraïne
HoofbestanddeelDeeg, vleis of vrugte
Soortgelyke geregtePirozjki

Die naam kom van die antieke Protoslawiese woord pir, wat "banket" of "fees" beteken.[4]

Vorms

Pirogi het verskillende groottes en vorms: Hulle is dikwels ovaal met nou punte, maar kan ook rond of vierkantig wees.[1][5]

Hulle kan óf toe óf oop bo wees.[5]

Deeg en vulsels

Hulle word gemaak van gegiste deeg,[4][5] wat hulle onderskei van ander soorte pasteie.[4] Voorheen was die deeg vir die Russiese pirog van rogmeel en later rogmeel gemeng met koringmeel, maar deesdae is dit meestal van koringmeel.[4]

Ander soorte deeg, soos skilferdeeg, kan ook gebruik word. In Oos-Slawiese tale dui die woord pirog op enige soort pastei, tert of koek.

Die vulsel kan soet wees en wrongel- of maaskaas bevat, asook vrugte soos appel, pruime of bessies. Ander moontlike bestanddele is heuning, neute en papawersaad. Sout weergawes kan bestaan uit vleis, vis, sampioene, kool, rys of aartappels. In Oekraïne en Rusland word pirogi (en die kleiner weergawes bekend as pirozjki) met sout vulsels tradisioneel voorgesit saam met helder borsjt of ander sop.[5]

Soorte

Sekere soorte pirog is onder ander name bekende:

  • Coulibiac, 'n ovaal Russiese pastei met 'n ingewikkelde vulsel;[6]
  • Koernik ("hoenderpirog"), ook bekend as bruilof- of tsarepirog, 'n koepelvormige sout Russiese pirog, gewoonlik met hoender, eiers, uie, kasja of rys;[7][8]
  • Papawersaad- en neutrol, wat in Sentraal- en Oos-Europa gewild is;
  • Pirozjki, letterlik "pasteitjies", is kleiner weergawes wat met die hand geëet kan word;[1]
  • Sjanga, 'n klein of mediumgroot sout pirog wat oop is bo en algemeen is in die Oeralstreek en Siberië;[9]
  • Watroesjka, 'n klein, soet pirog wat in Oos-Slawiese kulture gewild is. Dit is 'n ring deeg met wrongelkaas in die middel.[10][11]

Galery

Verwysings

Skakels