Paralimpiese Winterspele 2010

Xe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2010

Gehou inVancouver, Kanada
Deelnemende lande44
Deelnemende atlete502 (381 mans, 121 vroue)
Items64 in 5 sporte
Openingseremonie12 Maart 2010
Sluitingseremonie21 Maart 2010
Amptelik geopen deurGoewerneur-Generaal Michaëlle Jean
Atlete-eedHervé Lord
Beampte-eedLinda Kirton
Olimpiese vlamZach Beaumont
Vorige Spele2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele2014: Sotsji (Rusland)

Die Paralimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Paralympics, Frans: Les Xes Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 12 en 21 Maart 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Enkele van die items is in die nabygeleë Whistler gehou. Dit was die tiende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die tweede keer dat Paralimpiese Spele in Kanada beslis is. 'n Rekord van 44 lande het hieraan deelgeneem.[1]

Die Olimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 28 Februarie in Vancouver gehou.

Toewysing

Miga, een van die gelukbringers van die Paralimpiese Winterspele 2010
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2010

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2010 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2010.[2] Vancouver is op 2 Julie 2003 in Praag deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2010. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2010[3]
StadLandRondte 1Rondte 2
Vancouver  Kanada4056
Pyeongchang  Suid-Korea5153
Salzburg  Oostenryk16

Sporte

Rolstolysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2010

5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

  • Alpeski (30)
  • Heg-en-steg-ski (20)
  • Paratweekamp (12)
  • Rolstoelysbal (1)
  • Sleehokkie (1)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Maart 201012
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
Alpeski424266630
Heg-en-steg-ski2462620
Paratweekamp6612
Rolstoelysbal11
Sleehokkie11
Totaal6664812610664
SeremoniesOSSS

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Aantal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2010
Die Paralimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Duitsland (GER)20135624
2  Rusland (RUS)3112161038
3  Kanada (CAN)55105419
4  Slowakye (SVK)1362311
5  Oekraïne (UKR)1958619
6  Verenigde State (USA)5045413
7  Oostenryk (AUT)1934411
8  Japan (JPN)4233511
9  Belarus (BLR)92079
10  Frankryk (FRA)211416
11  Italië (ITA)351337
12  Noorweë (NOR)271326
13  Spanje (ESP)51203
 Switserland (SUI)151203
15  Nieu-Seeland (NZL)21001
16  Australië (AUS)110134
17  Finland (FIN)50112
18  Suid-Korea (KOR)250101
19  Swede (SWE)260022
20  Tsjeggië (CZE)190011
 Pole (POL)120011
Totaal (21 NPKs)461646563192

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee