Paprika (plant)

plantspesie

Die paprika of rooirissie (Capsicum annuum) is ’n spesie van die genus Capsicum, wat inheems is aan suidelike Noord-Amerika en noordelike Suid-Amerika.[1][2] Dit is die mees algemene van die vyf capsicums wat vir huislike gebruik gekweek word.

Paprika
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Capsicum
Spesie:
C. annuum
Binomiale naam
Capsicum annuum
L.

Eienskappe

Hoewel die naam afgelei is van die Latynse woord annus (“jaar”), is die plant nie ’n jaarplant nie. Dit kan sonder ryp ’n paar seisoene oorleef en ’n groot meerjarige struik word.[3] Die enkelblomme is naaswit (soms pers) en die stam is vol takke en tot 60 cm hoog.

Die vrug is ’n bessie en kan groen, geel of rooi wees wanneer dit ryp is.[4] Die talle kultivars het ’n groot verskeidenheid rissies wat dwarsoor die wêreld geëet word. Hulle het ’n groot verskeidenheid vorms en groottes en is matig of warm; dit wissel van soetrissies tot brandrissies. Die kultivars is ontwikkel van die wilde Amerikaanse voëlrissie wat steeds in warmer dele van Amerika aangetref word.[5]

Hoewel die spesie in die meeste klimate kan groei, verkies dit warm, droë toestande.

Sierrissie

Sommige kultivars word gekweek as huisplante en staan bekend as sierrissies. Hul vrugte het soms ongewone kleure soos swart en pers. Almal is eetbaar en die meeste brand die verbruiker se mond.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels