Panay

Panay is een van die groter eilande van die Filippyne. Die eiland lê in die middelste eilandgroep, genaamd Visayas. Volgens die laatste amptelike volkstelling van 2010 het Panay ongeveer 4,0 miljoen inwoners op 'n oppervlakte van 12 011 km². Die provinsies Antique, Aklan, Capiz en Iloilo is hier geleë. Die mees prominente stad van die eiland is Iloilo Stad, die hoofstad van Iloilo. Hierdie stad is tewens die sentrum van die streek Western Visayas.

Panay
Inheemse naam: Pulo sa Panay / Pulo ng Panay
Kaart van Panay
Kaart van Panay
Geografie
LiggingSuidoos-Asië
Koördinate11°09′N 122°29′O / 11.150°N 122.483°O / 11.150; 122.483
ArgipelVisayas

Oppervlakte12 011 vk km
Hoogste puntBerg Madias 2 117 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
ProvinsiesAklan, Antique, Capiz, Iloilo

Grootste stadIloilo Stad (424 619)

Demografie
Bevolking4 031 636

BevolkingsgroepeAti, Visayan (Aklanon, Capiznon, Caluyanon, Hiligaynon, Karay-a), Suludnon

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Panay.
  • (en) Toerisme-inligting oor Panay op Wikivoyage
  • (en) "Panay". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 April 2020.