Ossetiërs

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Osseties.

Die Ossetiërs of Ossete (Osseties: ир, ирӕттӕ, ir, irættæ; дигорӕ, дигорӕнттӕ, digoræ, digorænttæ) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Ossetië in die Kaukasus-streek.[10][11][12] Hulle praat Osseties, 'n Irannese taal, as moedertaal en Russies of Georgies as tweede taal.

Ossetiërs

Totale bevolking:ca. 650 000
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Rusland Rusland 528 515[1]

Vlag van Suid-Ossetië Suid-Ossetië 45 000[3]
Vlag van Georgië Georgië 38 028[4]
Vlag van Turkye Turkye 20 000—100 000[5][6]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 4 830[7]
Vlag van Letland Letland 256[8]
Vlag van Estland Estland 116[9]

Taal:Osseties, Russies, Georgies
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk
Minderhede van Ossetiese tradisionele godsdiens en Islam
Verwante etniese groepe:Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Pasjtoene, Perse en Tadjiks
Verspreiding van Ossetiërs in die Kaukasus-streek in rooi
Stamme in Ossetië

Die meeste Ossetiërs leef in Noord-Ossetië-Alanië, 'n republiek binne die Russiese Federasie, gevolg deur Suid-Ossetië, 'n omstrede gebiede wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, en Turkye.

In teenstelling met die ander Irannese volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Ossetiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk, gevolg deur die Ossetiese tradisionele godsdiens en Moslems.

Verwysings

Eksterne skakels