Oranjerivierkolonie

Die Oranjerivierkolonie (Engels: Orange River Colony) was 'n Britse kolonie wat geskep is met die anneksasie van die Oranje-Vrystaat in 1900, na die Boere-oorlog.

Orange River Colony
Oranjerivierkolonie

1902–1910
VlagWapenskild
VlagWapen
Volkslied:
God Save the King (1902–1910)
Ligging of Oranjerivierkolonie
Ligging of Oranjerivierkolonie
Ligging van die Oranjerivierkolonie tussen 1902 en 1910
HoofstadBloemfontein
29°06′00″S 26°13′00″O / 29.1°S 26.2167°O / -29.1; 26.2167
Taal/TaleAfrikaans, Engels, Nederlands, Suid-Sotho
GodsdiensNederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Afrika-godsdiens
RegeringMonargie
Monarg
 - 1902–1910Edward VII
 - 1910George V
Eerste minister
 - 1907–1910Abraham Fischer
Goewerneur
 - 1902–1905Alfred Milner
 - 1905–1907William Palmer
 - 1907–1910Hamilton John Goold-Adams
Historiese tydperkWedloop om Afrika
 - Britse besetting van die Oranje-Vrystaat28 Mei 1900
 - Britse anneksasie6 Oktober 1900
 - Verdrag van Vereeniging31 Mei 1902
 - Selfregering27 November 1907
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika31 Mei 1910
 - Stigting van die Oranje-Vrystaat-provinsie31 Mei 1910
Bevolking
 - 1904[1] skatting387 315 
GeldeenheidPond sterling
Die hervatting van burgerlike administrasie, Bloemfontein, 23 Junie 1902.

Lord Roberts het die Union Jack op 28 Mei 1900 oor Bloemfontein gehys, en anneksasie het amptelik van krag geword op 6 Oktober. Sir Alfred Milner is aangestel as goewerneur op 4 Januarie 1901, met Hamilton John Goold-Adams as luitenant-goewerneur.

Teen 1904 het die gevoel vir een of ander vorm van selfregering sterk begin raak en is die Orangia Unie party gevorm om die ideë te bevorder. In die daaropvolgende jaar tree Milner af en word Lord Selborne die nuwe goewerneur. Die kolonie verkry selfregering in 1907, en op 27 November word Abraham Fischer van die Oranje Unie die eerste Eerste Minister. In 1910 sluit dit by die Unie van Suid-Afrika aan as die "Oranje-Vrystaat Provinsie". Die provinsie bly voortbestaan na 1994 as die Vrystaat.

Posseëls

Onmiddellik na anneksasie het die Britte die republiek se seëls met "V.R.I." (Victoria Regina Imperatrix) oorgestempel. Daar was geringe variasies, sommige baie seldsaam en vandag uiters gesog. Seëls van die Kaapkolonie is ook oorgestempel, met "ORANGE RIVER COLONY" (10 Augustus, voor die kolonie amptelik bestaan het), en eers in 1903 het die Oranjerivierkolonie sy eie seëls gekry. Hierdie seëls het 'n portret van Koning Edward VII, saam met klein prentjies van 'n springbok en 'n wildebees. Dit is gebruik tot uniewording in 1910 en is vandag algemeen beskikbaar en goedkoop.

Goewerneurs

Sir Hamilton John Goold-Adams, goewerneur van 1907 tot '10.
#NaamPartyAmpsaanvaardingAmp verlaat
1Alfred MilnerKonserwatiewe Party23 Junie 19021 April 1905
2William PalmerLiberale Party1 April 19057 Junie 1907
3Hamilton John Goold-AdamsOnafhanklik7 Junie 190731 Mei 1910

Demografie

Rasverdeling

Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:[2]

BevolkingsgroepGetalPersent
(%)
Swartes225 10158,11
Blankes142 67936,83
Bruines19 2824,97
Asiërs2530,06
Totaal387 315100,00

Verwysings