Opole

Opole [ɔ'pɔlɛ], Duits: Oppeln, is 'n Poolse stad in die historiese gewes Bo-Silesië. Opole, wat tussen Wrocław (Breslau) en Katowice (Kattowitz) in die suidweste van die land geleë is, is vandag die administratiewe sentrum van die gelyknamige woiwodskap.

Opole
Oppeln

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Pole Pole
 Woiwodskap Opole
 Koördinate50°40′N 17°56′O / 50.667°N 17.933°O / 50.667; 17.933
 Stigting1211/1217
 Stadstatus1327
 Oppervlakte: 
 - Totaal96,2 vk km
 Hoogte bo seevlak176 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2010)125 710
 - Bevolkingsdigtheid1 306,8/vk km
 TydsoneMET (UTC +1)
 - SomertydMEST (UTC +2)
 Klimaat 
 - TipeGematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae- mm
 BurgemeesterRyszard Zembaczyński
 Amptelike Webwerfwww.opole.pl/

Die stad het oorspronklik in die 8ste eeu as vesting van die Opolane, 'n Wes-Slawiese stam, op 'n klein eiland in die Oder-rivier ontstaan. In die vroeë 13de eeu het hertog Kasimir I (1178–1230) hier 'n koopmansstad laat stig, waarskynlik volgens Vlaamse Reg.

Opole met sy uitgestrekte stadsgebied en harmoniese voorkoms staan in Pole onder meer as gasheerstad van die Poolse sangfees bekend. Die stad is daarnaas die sentrum van 'n gebied met 'n beduidende minderheid Duitssprekendes, alhoewel die persentasie etniese Duitsers in Opole self net sowat drie persent beloop.

Opole is die setel van 'n Rooms-Katolieke biskop en huisves 'n universiteit (met die eerste ooms-Katolieke fakulteit in Pole), 'n tegniese universiteit, 'n kuns- en musiekskool asook wetenskaplike instellings.