Ollie le Roux

Ollie le Roux (* 5 Mei 1973, Fort Beaufort)[2] is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en oud-Springbok. Hy het die Natalse Haaie en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Sharks, Cats en Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.

Ollie le RouxRugbyportaal
Volle naamAndré-Henri le Roux
Geboortedatum10 Mei 1973 (1973-05-10) (51 jaar oud)
GeboorteplekFort Beaufort (Suid-Afrika)
Lengte1,82 m
Massa136 kg
SkoolGrey-kollege
UniversiteitUniversiteit van die Vrystaat
EggenoteMariska
KindersMia, Chloe, Donna[1]
BeroepProfessionele rugbyspeler, boer
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Stut, haker
Springbokno.600
Amateurspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
Shimlas
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
2008–2009Leinster
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2005–2008
1996–2003
VS Cheetahs
Natal
korrek soos op 19 Maart 2013.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
JareKlub / spanWeds(pte)
1996–2003
2005
2006–2007
Sharks
Cats
Cheetahs
?
3
21
(?)
(0)
(5)
korrek soos op 20 Maart 2013.
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
1994–2002Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika545
korrek soos op 20 Maart 2013.

Toe hy op skool was het Le Roux provinsiale kleure gekry in rugby, waterpolo en muurbal. Hy het in 1991 gematrikuleer en vir die eerste keer in 1994 vir die Springbokke gespeel en het in totaal in 54 toetse uitgedraf. Hy is die jongste stut wat nóg vir die Springbokke gespeel het en hy is ook die Springbok wat die meeste wedstryde as reserwe begin het (43). Le Roux het op uitnodiging vir die Barbarians gespeel[3] en in 2008 vir Leinster in die Heinekenbeker en die Magners-liga.

In 2011 het Le Roux hom as skrumkonsultant by die Griekwas aangesluit vir drie jaar.[4] In 2012 het hy aan die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth deelgeneem en dit in 16 uur en 30 minute voltooi.[5]

Buiten konsultasiewerk is Le Roux sedert sy uittrede ’n hoenderboer buite Bloemfontein met sy vrou Mariska en hul vier dogters Mia, Chloe, Donna en Lisa.[6]

Verwysings

Eksterne skakels