Olimpiese Somerspele 2032

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXVe Olimpiade
Olimpiesespele van 2032

Gehou inBrisbane, Australië
Deelnemende lande
Deelnemende atlete10 500
Items329 in 32 sporte
Openingseremonie23 Julie 2032
Sluitingseremonie8 Augustus 2032
Amptelik geopen deurGoewerneur-generaal van Australië (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele2028: Los Angeles (VSA)
Volgende Spele2036: nog nie bekend nie

Die Olimpiese Somerspele 2032 (Engels: 2032 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXVste Olimpiade, sal tussen 23 Julie en 8 Augustus 2032 in Brisbane, Australië, aangebied word. Dit sal die 35ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Australië die spele organiseer na hulle eerste spele in 1952 in Melbourne en 2000 in Sydney. Verder sal dit die vierde Olimpiese Somerspele in die Suidelike Halfrond wees, ná die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië.

The Gabba-krieketveld sal as Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 2032 dien

Die opening- en sluitingseremonies sal in The Gabba-krieketveld in Brisbane plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2032 sal in Brisbane gehou word.

Toewysing

John Coates, hoof van Brisbane se reëlingskomitee

Van die stede wat hulleself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):

Afrika
Asië
Europa
Oseanië
Suid-Amerika

Brisbane is op 21 Julie 2021 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2032. Dié stad was reeds voor die amptelike toekenning gunsteling om die Spele aan te bied.

Sporte

Moontlike sportsoorte

Volgens die huidige beleid van die Internasionale Olimpiese Komitee bevat die Olimpiese Somerspele se program 28 kernsporte wat tydens al die Spele beoefen word, terwyl ander sporte met ondersteuning deur die IOK en die reëlingskomitee ingesluit kan word om die plaaslike belangstelling te verhoog.[17][18] Die aantal atlete word op 10 500 beperk.[19]

'n Aantal beheerliggame het planne aangekondig om sporte in die Olimpiese Somerspele 2032 se program te laat opneem:[20]

  • In Julie 2021 het die Internasionale Rugby League (IRL) se voorsitter Troy Grant daarna verwys dat die insluiting van Rugby League by die Olimpiese en Paralimpiese Somerspele 2032 'n "prioriteit" vir dié beheerliggaam is, met die fokus op Rugby League Nege en rolstoelrugbyleague.[21] Queensland het 'n bekende Rugby League-aanhangerskultuur.[22]
  • In Augustus 2021 het die Internasionale Krieketraad (IKR) aangekondig om 'n werksgroep in te stel wat die insluiting van krieket by die Olimpiese Somerspele 2028 en/of die Olimpiese Somerspele 2032 sal ondersoek, insluitende verteenwoordigers van VSA Krieket, die Asiatiese Krieketraad, Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) en Zimbabwe Krieket. Dié aansoek word ook deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) ondersteun. Krieket is een van die gewildste sportsoorte in Australië en Krieket Australië is een van die IKR se twaalf volle lede.[19][23]
  • In Augustus 2021 het Wêreldnetbal aangekondig om met ondersteuning van Netbal Australië vir die insluiting van netbal te bid. Die land het die Netbalwêreldbeker sedert sy invoering elf keer gewen. Die aansoek staar 'n moontlike struikelblok in die gesig met die IOK se huidige beleid van geslagsbalansering, aangesien vrouenetbal op die elite-vlak meer gewild is as die mans s'n. Mansnetbal het die afgelope paar jaar egter 'n sterk groei getoon.[24]

Olimpiese sportsoorte

32 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 329 medaljes oorhandig word.

Stadions

Brisbanesone

Brisbane Convention & Exhibition Centre in 2012
Buiteaansig van die Suncorpstadion in 2005
Brisbane Showgrounds in 2011
Die Robina-Stadium gesien vanaf die westelike pawiljoen tydens 'n nasionale rugbyligawedstryd tussen Gold Coast Titans en Brisbane Broncos in 2021
Gold Coast Convention and Exhibition Centre in 2012
Die Noord-Queensland-stadion in 2020
Die Melbourne Reghoekige Stadion tydens die Asiatiese beker 2015
StadionSporteKapasiteitGebiedStatus
The GabbaAtletiek (baan en veld), seremonies50 000BrisbanerivierKlaar (opgeknap)
Brisbane Convention & Exhibition Centre6 000 (Saal 1)
6 500 (Saal 2)
6 000 (Saal 4)
Tafeltennis, Pluimbal, Skermsport, TaekwondoBrisbanerivierKlaar
Suidoewer Piazza4 5003x3 BasketballBrisbanerivierKlaar
Suidoewer Cultural Forecourt4 000BoogskietBrisbaneriverKlaar
Langpark52 000Sokker (eindstryde), SewesrugbyBrisbanerivierKlaar
Brisbane Showgrounds15 000RuitersportHerstonKlaar
Victoriapark25 000Fietsry (BMX vryslag), Ruitersport (Driefasekompetisie)HerstonTydelik
Ballymorestadion10 000 (Veld 1) 5 000 (Veld 2)VeldhokkieHerstonKlaar
Brisbane Indoor Sports Centre12 000BasketballHerstonBeplan (nuut)
Sleemansenter10 000 (Chandler Theatre)
5000 (Anna Meares Velodrome)
4 300 (Brisbane Aquatics Centre)
2 000 (Brisbane International Shooting Centre)
Gimnastiek
Fietsry (Baan en BMX wedvaart)
Watersport (Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpologroepwedstryde)
Skyfskiet
ChandlerKlaar (opgeknap)
Brisbane Entertainment Centre11 000HandbalNoord-BrisbaneKlaar
Moreton Bay Indoor Sports Centre7 000BoksNoord-BrisbaneKlaar
Manly Boat Harbour10 000SeilvaartOos-BrisbaneTydelik
Redland Whitewater Centre8 000Kanovaart (Slalom)Oos-BrisbaneBeplan (nuut)
Queensland Tennis Centre5 500TennisSuid-BrisbaneKlaar
Wyaralong Flatwater Centre14 000Roei, Kanovaart (Snel)Suid-BrisbaneKlaar (opgeknap)
Ipswichstadion10 000Moderne vyfkampSuid-BrisbaneKlaar

Goudkussone

StadionSporteKapasiteitGebiedStatus
Gold Coast Convention & Exhibition Centre6 000 (Arena)
5 000 (Saal 3)
Gewigoptel, Vlugbal (groepwedstryde)BroadbeachKlaar
Broadbeachparkstadion12 000StrandvlugbalBroadbeachTydelik
Gold Coast Sports and Leisure Centre12 000Judo, StoeiCarraraKlaar
Royal Pines Resort15 000GholfCarraraKlaar
Southport Broadwater Parklands5 000Driekamp, Watersport (Maratonswem)SouthportTydelik
Coomera Indoor Sports Centre11 000VlugbalNoord-GoudkusstadKlaar
Robinastadion27 400Sokker (groepwedstryde)Suid-GoudkusstadKlaar

Sonskynkussone

StadionSporteKapasiteitGebiedStatus
Sonskynkusstadion20 000Sokker (groepwedstryde)KawanaKlaar (opgeknap)
Sunshine Coast Indoor Sports Centre6 000Basketbal (groepwedstryde)KawanaBeplan (nuut)
Alexandra Headland5 000Fietsry (Pad)
Atletiek (maraton en resiesloop)
Seilvaart (vlieërseil)
SonskynkusTydelik
Sunshine Coast Mountain Bike Centre10 000Fietsry (Bergfietsry)SonskynkusKlaar (opgeknap)

Streeksone

Van die stadions is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 of die Olimpiese Somerspele 2000 ingespan.

StadionSporteKapasiteitGebiedStatus
TownsvilleNoord-Queensland-stadion25 000Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar
CairnsBarlowpark20 000Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar (opgeknap)
ToowoombaToowoomba Sportveld15 000Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar (opgeknap)
SydneySydney Voetbalstadion42 500Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar (opgeknap in 2022)
MelbourneMelbourne Reghoekige Stadion30 050Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.