Oekraïners

Oos-Slawiese etniese groep
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oekraïens.

Die Oekraïners (Oekraïens: українці, ukrayintsi, [ukrɑˈjinʲtsʲi]) is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 45 miljoen mense inheems aan Oekraïne. Hulle is die sesde grootste volk in Europa.[28] Die meeste Oekraïners is Oekraïens-Ortodokse of ongebonde. Oekraïners vorm die titulêre nasie van Oekraïne, waar hulle 77,5% van dié land se bevolking vorm. Naas Oekraïners leef nog sowat 8,3 miljoen Russe in Oekraïne, veral in die ooste en suide.

Oekraïners







Totale bevolking:ca. 45 miljoen[1][2]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Oekraïne Oekraïne ~37,5 miljoen[3]

Vlag van Rusland Rusland ~1,9 miljoen[4][5]
Vlag van Kanada Kanada ~1,3 miljoen[6]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 968 769[7]
Vlag van Brasilië Brasilië 500 000[8]
Vlag van Moldowa Moldowa 375 000[9]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 313 698[10]
Vlag van Argentinië Argentinië 300 000[11][12]
Vlag van Italië Italië 233 726[13]
Vlag van Duitsland Duitsland 229 510[14][15]
Vlag van Belarus Belarus 159 000[16]
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 126 613[17]
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 104 720–128 100[18][19]
Vlag van Slowakye Slowakye 100 000
Vlag van Portugal Portugal 52 293[20]
Vlag van Pole Pole 51 000[21]
Vlag van Roemenië Roemenië 51 703[22]
Vlag van Letland Letland 45 699[23]
Vlag van Frankryk Frankryk 35 000

Taal:Oekraïens, Russies[24][25]
Geloofsoortuiging:
Totaal[26]
Ateïsme of ongebonde – 62,5%
Godsdienstig of gebonde – 37,5%
Van die godsdienstige
Oekraïens-Ortodokse Kerk (Kiëfse Patriargaat) – 38,9%
Oekraïens-Ortodokse Kerk (Moskouse Patriargaat) – 29,4%
Oekraïens-Outokefale Ortodokse Kerk – 2,9%
Grieks-Katoliek – 14,7%
Rooms-Katolieke Kerk – 1,7%
Protestantisme – 2,4%
Ander godsdienste – 2,9%
Weet nie – 7,0%
Verwante etniese groepe:Ander Oos-Slawiese volke soos Russe en Wit-Russe[27]
Verspreiding van Oekraïners in Oekraïne volgens oblaste in 2001
Kaart van die ontvolking van Oekraïne en die Suid-Rusland, 1929–1933. Gebiede in wit was nie deel van die Sowjetunie tydens die hongersnood nie.

Wêreldwyd leef omtrent 45 miljoen Oekraïners, waarvan sowat 37,5 miljoen in Oekraïne, 1,9 miljoen in Rusland, 1,3 miljoen in Kanada en 968 769 in die Verenigde State. Tydens die Russiese Ryk en die Sowjetunie het Oekraïners in destydse deelgebiede soos Moldowa (375 000), Kasakstan (313 698), Wit-Rusland (159 000) en Oesbekistan (tussen 104 720 en 128 100) gevestig. Daarbenewens het Oekraïners nog in Europese en Suid-Amerikaanse lande soos Brasilië (500 000), Argentinië (300 000), Italië (233 726), Duitsland (229 510), Tsjeggië (126 613) en Slowakye (100 000) gevestig.

Vanaf die 17de eeu is die Oekraïners "Klein-Russe" genoem en as deel van die Drie-enige Russiese volk beskou, wat uit Groot-Russe, Klein-Russe asook Wit-Russe bestaan en uit die Oud-Russiese volk van die Kiëf-Roes ontwikkel het. Dit was die amptelike konsep waarop die Russiese Ryk gegrond is en was tot die uitbreek van die Russiese Rewolusie wêreldwye etnologiese standard.

Onder Josef Stalin se bewind het tussen 1932 en 1933 in die destydse Oekraïense SSR miljoen Oekraïners aan 'n hongersnood gely, die sogenaamde Holodomor (Голодомор), waartydens tussen 2,4 en 7,5 miljoen Oekraïners dood is.[29] Dit word as een van die grootste volksmoorde ooit beskou en word tans deur 25 lande as volksmoord erken.[30]

Verwysings

Eksterne skakels