Obsessief-kompulsiewe steuring

Obsessief-kompulsiewe steuring (OKS, Engels: OCD) is ’n angssteuring wat gekenmerk word deur indringende gedagtes wat ongemak, ongerustheid, vrees of kommer tot gevolg het, asook herhaalde gedrag wat daarop gemik is om die gepaardgaande ongerustheid te verminder, of ’n kombinasie van sulke obsessies en kompulsies. Simptome van die steuring sluit in ’n voortdurende gewas of skoonmaak, herhaalde seker maak dat iets in orde is, ekstreme opgaring, ’n preokkupasie met gedagtes, ’n afkeer van sekere syfers en senuagtige rituele soos die oop- en toemaak van ’n deur ’n sekere aantal kere voordat hulle ’n kamer binnegaan of verlaat.

Obsessief-kompulsiewe steuring
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Voortdurende handewassery is ’n teken van obsessief-kompulsiewe steuring.
’n Voortdurende handewassery is ’n teken van obsessief-kompulsiewe steuring.
ICD-10F42
ICD-9300.3
DiseasesDB33766
MedlinePlus  000929
eMedicinearticle/287681
MeSHD009771
Mediese waarskuwing

Hierdie simptome kan hulle van ander mense vervreem of kan tydrowend wees, en dit veroorsaak dikwels groot emosionele en finansiële kommer. Die handelings van iemand met OKS kan paranoïes en moontlik psigoties voorkom. Die meeste OKS-lyers erken egter hul obsessies en kompulsies as irrasioneel en dit kan hulle nog angstiger maak.

Obsessief-kompulsiewe steuring raak kinders, tieners en volwassenes. Sowat ’n derde tot die helfte van volwassenes met OKS meen dit het in hul kindertyd begin, en dit dui op ’n voortduring van die steuring oor ’n leeftyd.[1]

Simptome

Die frase "obsessief-kompulsief" het deel van die alledaagse taal geword en word dikwels op ’n informele, spottende manier gebruik vir iemand wat besonder nougeset, perfeksionisties, in hul gedagtes verdiep of andersins gefikseer is.[2] Hoewel dié simptome tipies van OKS is, het iemand met die simptome nie noodwendig OKS nie, maar dalk obsessief–kompulsiewe "persoonlikheidsteuring" (OKPS), ’n outismespektrumsteuring, of steurings waar volharding en hiperfokus ’n aanduiding kan wees van AGHS, posttraumatiese stressteuring, liggaamsteurings of net ’n gewoonteprobleem.[3]

Ondanks die irrasionele optrede, word OKS soms verbind met bogemiddelde intelligensie.[4][5] Lyers deel gewoonlik ’n aantal karaktertrekke soos groot aandag aan detail, die vermyding van risiko's, versigtige beplanning, ’n groot verantwoordelikheidsin en ’n neiging om besluite op hul tyd te neem.[6]

Oorsake

Verskeie psigologiese en biologiese faktore kan saamspeel om OKS te veroorsaak. Gestandaardiseerde beoordelingskale kan gebruik word om die graad van die simptome te bepaal.[7]

Verwysings

Eksterne skakels