Nieu-Taipei

Nieu-Taipei, soms ook Xinbei genoem, amptelike Engelse naam: New Taipei City (Chinees: 新北市, Pinyin: Xīnběi Shì, Pe̍h-ōe-jī: Sin-pak-chhī) is die hoogsbevolkte stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met sowat 3,9 miljoen inwoners. Nieu-Taipei het in Desember 2010 met die samesmelting van alle 29 stede en munisipaliteite in die voormalige landelike Taipei-distrik ontstaan en word regstreeks deur die nasionale regering bestuur.

Nieu-Taipei
新北

KaartSeël
Vlag
 Land Republiek China
 Administratiewe gewesNoord-Taiwan
 Koördinate25°0' N 122°1' O[dooie skakel]
 StigtingDesember 2010
 Oppervlakte: 
 - Totaal2 052,6 vk km
 Hoogte bo seevlak- m
 Bevolking: 
 - Totaal (Oktober 2010)3 893 740
 - Bevolkingsdigtheid1 897/vk km
 - Metropolitaanse gebied6 870 357
 TydsoneUTC +8 (CST)
 BurgemeesterHou You-yi (KMT)
 Amptelike WebwerfNew Taipei
City Government
Geargiveer 23 April 2013 op Wayback Machine

Sy stadsgebied behels 'n aansienlike deel van Taiwan se noordelike kuslyn en omsluit die Taipei-bekken met die hoofstad Taipei. Dit word in die noord-ooste deur Keelung, die Yilan-distrik in die suid-ooste en die Taoyuan-distrik in die suid-weste begrens.