Nick Heidfeld

Nick Lars Heidfeld (gebore 10 Mei 1977) is 'n Duitse professionele renjaer.

Nick Heidfeld
Heidfeld in 2019
Heidfeld in 2019
Geboortedatum10 Mei 1977 (1977-05-10) (47 jaar oud)
GeboorteplekMönchengladbach, Wes-Duitsland
Volle naamNick Lars Heidfeld
NasionaliteitVlag van Duitsland Duitser
Aktiewe jare2000–2011
Ou span(ne)Prost, Sauber, Jordan, Williams, BMW Sauber, Renault
Motornommer23
Oorwinnings0
Podiums13
Loopbaanpunte259
Voorste wegspronge1
Vinnigste rondtes2
Eerste F1-wedren2000 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing2011 Hongaarse Grand Prix
Nick Heidfeld se Lola F3000 in die West-kompetisie
Heidfeld bestuur die FW27 vir Williams by die 2005 Kanadese Grand Prix.
Heidfeld in 'n BMW Sauber F1.07 by die 2007 Kanadese Grand Prix, waar hy sy beste uitslag van die seisoen behaal het met 'n tweede plek.

Ten spyte van gereelde podiumplekke in 2005 by Williams, en in 2007 en 2008 by BMW Sauber, het Heidfeld nooit 'n wedren gewen sedert sy debuut in Formule Een in 2000 nie. Heidfeld hou tans drie rekords. Hy hou die rekord vir die meeste podiums sonder 'n Grand Prixwen (13),[1] en behaal die meeste tweede plekke sonder 'n wen met 8. Hy hou ook die rekord vir die meeste agtereenvolgende renklassifikasies met 'n telling van 41.

In 2011 het Heidfeld in Formule Een vir die Renault-span gejaag as 'n plaasvervanger vir die beseerde Robert Kubica, sy voormalige BMW Sauberspanmaat,[2] voordat hy vervang is deur Bruno Senna. Hy jaag tans vir die Rebellion Racing-span in die FIA-wêrelduithoukampioenskap en vir Mahindra Racing in Formule E.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.