Net (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Net ot Netjie (Latyn: Reticulum) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Die Latynse naam verwys na die kruisdraad voor die oogstuk van ’n teleskoop wat gebruik word om sterposisies te meet.[1] Die sterrebeeld bevat geen helder sterre nie. Net twee sterre is helderder as 5 mag: Alpha en Beta Reticuli.

Net
Latynse naamReticulum
GenitiefReticuli
AfkortingRet
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming4h
Deklinasie-60º
Grootte114 vk. grade (82ste)
KwadrantSQ1
Besonderhede
Hoofsterre4
Helderste sterAlpha Reticuli (α Ret)
Naaste sterZeta2 Reticuli (ζ2 Ret)
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete6
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre11
Aangrensende sterrebeelde
Horlosie , Swaardvis , Suidelike Waterslang
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Die sterrebeeld is in 1621 geskep deur Isaac Habrecht II, wat dit "Rhombus" genoem het.[2] Die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille het dit in die 18de eeu tydens ’n besoek aan Kaapstad hernoem na "Réticule Rhomboide" om die kruisdraad van sy teleskoop te gedenk.[1] Dit is later na die Latynse "Reticulum" verander in sy sterkatalogus Coelum Australe Stelliferum. Die sterrebeeld is in 1922 vir die eerste keer erken.

Verwysings

Eksterne skakels