Neptunus (mitologie)

Neptunus was in die Romeinse mitologie die god van vars water en die see.[1] Sy eweknie in die Griekse mitologie was Poseidon.[2] In die Griekse tradisie was Neptunus die broer van Jupiter en Pluto; die broers het oor die drie ryke van die heelal geheers: die lug, water en onderwêreld.[3]

Neptunus
Romeinse god
’n Mosaïek van Neptunus, Antonio Salinas-museum, Palermo.
’n Mosaïek van Neptunus, Antonio Salinas-museum, Palermo.
NaamNeptunus
BroersJupiter en Pluto
Heerser vanVars water en die see
Griekse ewekniePoseidon

Uitbeeldings van Neptunus op Romeinse mosaïeke, veral dié van Noord-Afrika, is beïnvloed deur Hellenistiese konvensies.[4]

Verwysings