Nekwerwel

Die nekwerwels of servikale werwels is in die menslike anatomie die boonste deel van die werwelkolom – dus die sewe werwels van C1 tot C7 wat in die nek voorkom, net onder die skedel. Die eerste twee werwels (C1 en C2) is ook as onderskeidelik die atlas en die aksis bekend.

Nekwerwels
Inligting en eksterne bronne
Posisie van die menslike nekwerwels (in rooi). Dit is sewe bene, van bo na onder C1 tot C7.
Posisie van die menslike nekwerwels (in rooi). Dit is sewe bene, van bo na onder C1 tot C7.
’n Tipiese nekwerwel.
’n Tipiese nekwerwel.
Inligting
LatynVertebrae cervicales
StelselWerwelkolom
WerkingHelp die gewig van die liggaam steun
Laat beweging van die nek toe
Eksterne bronne
MeSHD002574
FMA9915
Gray's AnatomyBl. 97

Die borswerwels is net daaronder geleë en is in alle soogdierspesies dié werwels wat elk twee ribbes aangeheg het. In sommige diere buiten soogdiere het die nekwerwels ook ribbes aangeheg. In sommige spesies soos akkedisse is die nekribbes groot; in voëls is hulle klein en heeltemal aan die werwels vasgegroei.

Die meeste soogdiere het sewe nekwerwels.[1] In mense is hulle die kleinste van die ware werwels en kan hulle van ander onderskei word deurdat hulle openinge in die dwarsuitsteeksels het waardeur die werwelslagaar en -are en die klein neksenuweeknope loop.

Verwysings

Eksterne skakels