Nectanebo II

Egiptiese farao

Nectanebo II of Nakhthorheb was ’n farao van die 30ste Dinastie van Antieke Egipte. Hy het van 360-342 v.C. regeer en was die derde en laaste farao van dié dinastie, sowel as die laaste plaaslike heerser van Egipte.[1]

Nectanebo II
Nachthorheb
Die kop van Nectanebo II (Lyon-kunsmuseum).
Die kop van Nectanebo II (Lyon-kunsmuseum).
Farao van die 30ste Dinastie
Periode360–342 v.C.
VoorgangerTeos
OpvolgerArtaxerxes III
VaderTjahepimoe
Nectanebo II in Egiptiese hiërogliewe
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
C1C9snDmib
Z1
U21
n
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
C9mrD40G5W4t
O49
Portaal  Portaalicoon  Antieke Egipte

Bewind

Onder Nectanebo II het Egipte floreer; kunstenaars het ’n spesifieke styl gebruik wat ’n duidelike invloed gelaat het op die reliëfwerke van die Ptolemeïese Ryk.[2]

Hy het belanggestel in feitlik elke Egiptiese kultus en bewyse daarvan is op meer as honderd terreine gevind.[3] Hy was ’n groter bouer as sy onmiddellike voorgangers en het onder meer die enorme Tempel van Isis (Iseum) laat bou.

Hy het Egipte ’n hele paar jaar veilig verdedig teen die Eerste Persiese Ryk.[4] Hy is eindelik verraai deur ’n voormalige bediende en is in 343 v.C. deur ’n gesamentlike Grieks-Persiese mag verslaan. In 342 v.C. het die Perse Egipte verower en die land weer in die Persiese Ryk opgeneem. Nectanebo het suid gevlug; sy eindelik lot is onseker.

Verwysings

Eksterne skakels