Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika

Die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika in Pretoria is 'n fasiliteit van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) waar 'n groot verskeidenheid spesies van diere aangehou word vir besoekers om te besigtig.

Kabelspoor binne die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika.
Wandelpad deur die dieretuin.
Die Apiesrivier vloei deur die dieretuin.
'n Afrika-Savanne uitstalling.
'n Leeukamp.
Die sonwyser, 'n redelike nuwe toevoeging.

Die 85 ha dieretuin huisves 3117 voorbeelde van 209 soogdierspesies, 1358 voorbeelde van 202 voëlsoorte, 3871 voorbeelde van 190 visspesies, 388 voorbeelde van 4 ongewerwelde spesies, 309 voorbeelde van 93 reptielspesies, en 44 voorbeelde van 7 amfibiese spesies.

Die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika is die grootste dieretuin in die land en die enigste een met nasionale status. Die dieretuin word deur meer as 600 000 mense per jaar besoek. Die totale lengte van die wandelpaaie in die dieretuin is ongeveer 6 km.

Geskiedenis

Johannes Francois Celliers het die plaas Klein Schoemansdal by Stephanus Schoeman (Staatspresident van die ZAR) gekoop en dit na Rus in Urbe herdoop. In 1895 is die plaas deur die staat bekom[1] en die dieretuin is gestig met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899.[2] Dit het in 1916 amptelik die Nasionale Dieretuin geword.

Akwarium en reptielpark

'n Akwarium en reptielpark vorm ook deel van die dieretuinfasiliteit in Pretoria. Die akwarium is die grootste binnelandse see-akwarium in die land.

Fasiliteite en aktiwiteite

Die dieretuin beskik oor 'n kafeteria, vier kiosks, en 'n restaurant. Daar is talle piekniekplekke onder skadubome. Braaifasiliteite is beskikbaar by die piekniekarea langs die Apiesrivier asook 'n kabelspoor wat bedryf word tussen 10:00 en 16:15.

Besoektye

Die dieretuin is 7 dae per week oop, elke dag van die jaar. Kaartjies word daagliks verkoop tussen 8:30 en 16:30 en die hekke sluit om 17:30.

Fotogalery

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

25°44′18″S 28°11′21″E / 25.73833°S 28.18917°O / -25.73833; 28.18917