Nanga Parbat

Nanga Parbat (Oerdoe: نانگا پربت [nəŋɡaː pərbət̪], letterlik "naakte berg"; ook bekend as Diamir, letterlik "koning van die berge") is 'n berg in die Himalaja wat in die bestrede gebied Kasjmir in die noorde van Pakistan geleë is. Met 'n hoogte van 8 125 meter is dit die negende hoogste berg van Asië en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri en Manaslu. Nanga Parbat staan weens verskeie mislukte ekspedisies, veral tydens die Nazi-bewind, as die "noodlotsberg van die Duitsers" bekend.

Nanga Parbat
Nanga Parbat soos vanuit die weste gesien Nanga Parbat soos vanuit die weste gesien
LiggingPakistan
Hoogte8 125[1] meter bo seevlak
Prominensie4 608
ReeksHimalaja
Koördinate35°14′15″N 74°35′21″O / 35.23750°N 74.58917°O / 35.23750; 74.58917
Eerste bestyging3 Julie 1953
Eerste bestyger(s)Hermann Buhl
Maklikste roeteDiamir (Wes-wand)
Ligging van Nanga Parbat op 'n kaart (Pakistan)
Nanga Parbat
Nanga Parbat
Die hoofspits van Nanga Parbat
Die boonste deel van die Rakhiot-wand met die oorliggende Silwer-hoogvlakte (links) en die hoofspits

Spitse

SpitsHoogte
Nanga Parbat8 125 m
Nanga Parbat skouer (Noord-skouer)8 070 m
Nanga Parbat Suid-spits (Suid-skouer)8 042 m
Nanga Parbat Voor-spits (Noordoos-spits)7 910 m
Nanga Parbat Noord-spits7 816 m
Nanga Parbat Noord-spits II7 785 m
Nanga Parbat Silwerspykers (Oos-spits)7 597 m
Nanga Parbat Suidoos-spits7 530 m
Rakhiot Peak7 070 m

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nanga Parbat.
  • (en) "Nanga Parbat". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Junie 2017.