Nairobi

Hoofstad en grootste stad van Kenia

Nairobi is die hoofstad en grootste stad van Kenia. Die naam kom van die Masai "Ewaso Nyirobi", wat "koel waters" beteken. Die inwonertal is meer as vier miljoen. Die belangrikste tale in Nairobi is Swahili, Kikuyu en Engels. Nairobi is in 1899 gestig as tussenpunt vir die Uganda-spoorlyn tussen Mombasa en Uganda. Dié stad word in 1907 die hoofstad van die protektoraat Brits-Oos-Afrika en met onafhanklikheid in 1963 die hoofstad van Kenia.

Nairobi

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Kenia Kenia
 CountyNairobi
 Koördinate1°17′S 36°49′O / 1.283°S 36.817°O / -1.283; 36.817
 Stigting1899
 Oppervlakte: 
 - Totaal696 vk km
 Hoogte bo seevlak1 661 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2019)4 397 073
 - Bevolkingsdigtheid6 317,6/vk km
 TydsoneUTC+3 (OAT)
 BurgemeesterMike Sonko
 Amptelike webwerfnairobi.go.ke
Nairobi se stadshorison

Nairobi se internasionale lughawe is die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe. Die ouer Wilson-lughawe was in die dertiger- en veertigerjare 'n stoppunt op die roete Southampton-Kaapstad en word steeds gebruik vir privaatvliegtuie.

Die Kampioenetrofee 2000 is geheel en al op Nairobi se Gymkhana Klubveld aangebied. Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is hier twee wedstryde beslis.

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nairobi.
  • (en) Toerisme-inligting oor Nairobi op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf van Nairobi
  • (en) "Nairobi". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 Maart 2020.