Mustafa III

Mustafa III (Ottomaanse Turks: مصطفى ثالث, moderne Turks: II.Mustafa; 18/28 Januarie 1717 – 21 Januarie 1774) was van 1757 tot 1774 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van sultan Ahmet III en die broer van Abdülhamid I, wat hom opgevolg het.

Mustafa III
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam

Volle naamSultan Mustafa III
Ottomaanse naamمصطفى ثالث
Tydperk1757–1774
StadiumStagnasie van die Ottomaanse Ryk
HuisOsman
VoorgangerOsman III
OpvolgerAbdülhamid I
Toegra

Hy was ’n energieke leier en het probeer om sy weermag en staatsdiens te moderniseer sodat dit kon meeding met dié van Europese lande. Die Ottomaanse Ryk het teen dié tyd egter so agteruitgegaan dat modernisering dit nie kon red nie en enige poging om die administratiewe stand van sake te verander, is met suspisie bejeen deur die paleiswag en imams – in so ’n mate dat hulle wou rebelleer.

Hy was bewus van sy militêre swakheid en het oorlog probeer vermy. Hy was nie in staat om te keer dat keiserin Katharina die Grote van Rusland die Krim annekseer nie.

Hy het twee seuns, Selim en Mohammed, en vyf dogters gehad.

Eksterne skakels