Mu Arae

Mu Arae (ook genoem μ Ara, μ Arae of HD 160691) is ’n hoofreeksster van spektraaltipe GV sowat 50 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Altaar (Ara). Die ster het ’n stelsel van vier planete, waarvan drie ’n massa het naby aan dié van Jupiter.

Mu Arae
SterrebeeldAltaar
SpektraaltipeG3 IV–V
SoortHoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming17h 44m 08,70114s
Deklinasie−51° 50′ 02.5853″
Skynmagnitude (m)5,12
B-V-kleurindeks 0,70[1]
U-B-kleurindeks 0,24[1]
Besonderhede
Massa (M)1,1
Radius (R)1,36
Ligsterkte (L)1,9
Ouderdom (jaar)6,34
Temperatuur (K)5 820
Afstand (ligjaar)50,6
Eienskappe
Planete4
Ander name
CD-51°11094, FK5 662, GC 24024, GJ 691, HD 160691, HIP 86796, HR 6585, SAO 244981
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Eienskappe

Die ster het ’n massa van sowat 10% meer as die Son. Dit is aansienlik ouer: sowat 6,34 miljard jaar. Sy radius is 36% groter as die Son s’n en hy is 90% helderder. Die ster is metaalryk en die verhouding tussen yster en waterstof is sowat twee keer so groot as in die Son. Mu Arae het ook meer helium.[2]

Die ster, wat nes die Son ’n G-tipe ster is, betree dalk sy fase as reusester en is besig om uit waterstof in sy kern te raak. Dit word weerspieël in die onsekerheid oor sy helderheidsklas, tussen IV (die subreusesterre) en V (hoofreekssterre soos die Son).

Planeetstelsel

Ontdekking

Mu Arae met die afstand van sy vier planete aangedui.

Die eerste planeet se ontdekking is in 2001 aangekondig deur die Anglo-Australiese Planeetsoekspan. Daar is geglo Mu Arae b is in ’n hoogs eksentrieke wentelbaan van sowat 743 dae.[3] In 2004 is ’n tweede planeet, nou bekend as Mu Arae e, ontdek. Daar is toe geglo dit is in ’n wentelbaan van 8,2 jaar met ’n hoë eksentrisiteit.[4] Later in 2004 is die ontdekking van ’n klein binneste planeet, Mu Arae c, met ’n massa van omtrent dié van Uranus en ’n wentelbaan van nege dae, aangekondig.[5]

In 2006 het twee spanne, onder leiding van Krzysztof Goździewski en Francesco Pepe onderskeidelik, aangekondig dat die ster ’n vierde planeet, Mu Arae d, het met ’n wentelbaan van sowat 311 dae.[6][7] Dit het gelei tot hersiene parameters vir die ander planete, met laer eksentrisiteit. Met die ontdekking van die laaste planeet was Mu Arae die eerste bekende ster met vier planete naas 55 Cancri.

Die Mu Arae-stelsel[7]
Planeet of skyf
(vanaf ster)
MassaHalwe lengteas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
EksentrisiteitBaanhelling
(°)
Radius
c>0,03321 MJ0,090949,6386 ± 0,00150,172 ± 0,04
d>0,5219 MJ0,921310,55 ± 0,830,0666 ± 0,0122
b>1,676 MJ1,497643,25 ± 0,900,128 ± 0,017
e>1,814 MJ5,2354205,8 ± 758,90,0985 ± 0,0627

Verwysings

Eksterne skakels

17h 44m 08.7s, −51° 50′ 03″