Moussa Traoré

Moussa Traoré (25 September 193615 September 2020) was 'n soldaat en politikus, en was van 1968 tot 1991 president van Mali. As luitenant het hy in 1968 die militêre afsetting van president Modibo Keïta gelei. Daarna het hy tot Maart 1991 as staatshoof gedien, toe hy deur populêre protesoptrede en 'n militêre staatsgreep omvergewerp is. Hy is in die negentigerjare twee keer ter dood veroordeel, maar is uiteindelik by albei geleenthede begenadig en in 2002 bevry. Daarna het hy uit die politieke lewe getree en is in September 2020 oorlede.

Traoré in 1989

Eksterne skakels

Bronne