Moordvis

walvis spesies

Die moordvis (Orcinus orca), ook bekend as die orkawalvis of orka en soms ook as swartvis, is ’n tandwalvis in die dolfynfamilie. Moordvisse kom in alle oseane voor, van die ysige Arktiese en Antarktiese streke tot by tropiese seë. Hoewel individuele skole dikwels in spesifieke prooivisse spesialiseer, het moordvisse ’n uiteenlopende dieet. Sommige vreet slegs vis terwyl ander seesoogdiere soos seeleeus, robbe, walrusse en selfs groot walvisse jag. Moordvisse word beskou as toproofdiere omrede daar niks is wat hulle jag nie.

Moordvis[1]
Verbygaande visse naby Unimakeiland in die Aleoetiese Eilande van Alaska
Grootte in vergelyking met ’n gemiddelde mens
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Odontoceti
Familie:
Delphinidae
Genus:
Orcinus

Fitzinger, 1860
Spesie:
O. orca
Binomiale naam
Orcinus orca
Verspreiding (in blou)
Sinonieme

Orca gladiator

Moordvisse is hoogs sosiale diere; sommige skole is saamgestel uit matriliniêre gesinsgroepe wat die stabielste van enige dierespesie is.[2] Hulle ingewikkelde jagtegnieke en vokale gedrag, wat dikwels eie is aan ’n sekere skool en oor generasies oorgedra word, is beskryf as verskyningsvorme van kultuur.[3]

Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) beskou die orkas se bewaringstatus tans as datagebrekkig as gevolg van die feit dat twee of meer moordvistipes afsonderlike spesies kan wees. Sommige skole word as bedreig beskou as gevolg van die uitputting van hul prooi, verlies aan habitat, besoedeling (deur bv. polichloor-bifeniele), gevangenisskap vir seesoogdierparke en botsings met visserye. Laat in 2005 is die "suidelik-woonagtige" skool van moordvisse wat in die waters van Brits-Columbië en Washington woonagtig is, op die Verenigde State se lys van bedreigde spesies geplaas.

Wilde moordvisse word nie as ’n bedreiging vir mense beskou nie[4] alhoewel daar gevalle opgeteken is waar gevange moordvisse hul hanteerders beseer of doodgemaak het.[5] Moordvisse kom sterk na vore in die mitologieë van inheemse kulture met hul reputasie wat wissel van genadelose moordenaars tot dat hulle die siele van mense is.

Trivia

Die skrywer Irna van Zyl het in 2016 'n boek gepubliseer genaamd: Moordvis.

Sien ook

Bron

Verwysings

Bibliografie