Montenegryne

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Montenegryns.

Die Montenegryne (Montenegryns: Црногорци / Crnogorci, [tsr̩nǒɡoːrtsi] of [tsr̩noɡǒːrtsi]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Montenegro en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Montenegryns, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Montenegro en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 45% van dié land se bevolking uit.

Montenegryne

'n Groep Montenegryne tussen 1855 en 1865.
Totale bevolking:ca. 500 000[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Montenegro Montenegro 278 865[2]

Vlag van Turkye Turkye 100 000[1]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 40 000[1]
Vlag van Serwië Serwië 38 527[1]
Vlag van Argentinië Argentinië 30 000[1]
Vlag van Duitsland Duitsland 25–30 000[1]
Vlag van Luxemburg Luxemburg 12 000[1]
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina 10 071[1]
Vlag van Chili Chili 7 000[3]
Vlag van Kroasië Kroasië 4 517[4]
Vlag van Kanada Kanada 2 970[5]
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 2 686[6]
Vlag van Slowenië Slowenië 2 667[7]
Vlag van Australië Australië 1 171[8]
Vlag van Albanië Albanië 366[9]

Taal:Montenegryns, Serwies (Serwo-Kroaties)
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk met minderhede van Rooms-Katolieke Kerk en Islam
Verwante etniese groepe:Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene[10]
Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2011, rooi is Montenegryns en blou Serwies
Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2003, rooi is Montenegryns en blou Serwies

Wêreldwyd leef daar sowat 500 000 Montenegryne, waarvan 278 865 in Montenegro. Daarbenewens vorm Montenegryne belangrike minderhede in Serwië, Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Noord-Masedonië, Slowenië en Albanië. Naas Montenegryne vorm Serwiërs die grootste etniese minderheid in Montenegro met 178 110 (28,7%).

Montenegryne word soms as 'n subgroep van die Serwiërs en soms as 'n eie etniese groep langs ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Serwiese dialek of as 'n selfstandige taal.[11]

Verwysings

Eksterne skakels