Molenlanden

Molenlanden (letterlik in Afrikaans: Meulelande) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Die munisipale gebied het sowat 45 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van sowat 192 km². In hierdie munisipaliteit word Alblasserwaards gepraat, wat is 'n Hollandse dialek.

Molenlanden
Munisipaliteit
Uitsig op die dorp Bleskensgraaf
Uitsig op die dorp Bleskensgraaf
Wapen van Molenlanden
Wapen
Ligging van Molenlanden in Zuid-Holland-provinsie
Ligging van Molenlanden in Zuid-Holland-provinsie
Kaart van Molenlanden-munisipaliteit
Kaart van Molenlanden-munisipaliteit
Koördinate: 51°52′N 4°47′O / 51.867°N 4.783°O / 51.867; 4.783
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Zuid-Holland
Stigting2019
Regering
 • BurgemeesterTheo Segers (CU)
Oppervlak
 • Totaal191,58 km2 (73,97 vk. myl)
 • Land181,57 km2 (70,10 vk. myl)
 • Water10,01 km2 (3,86 vk. myl)
Hoogte
−1,5 m (−4,9 ft)
Bevolking
 • Totaal44 644
 • Digtheid246/km2 (640/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
 • SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
2957–4241
Skakelkodes0183, 0184, 078
Bestuurlike sentrumBleskensgraaf
en Nieuwpoort (feestelike gebeurtenisse)
Webwerfwww.molenlanden.nl
Die meulens van Kinderdijk
Die dorp Molenaarsgraaf
Die stadsaal in die stad Nieuwpoort

Molenlanden is in 2019 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Giessenlanden en Molenwaard. Die landelike munisipaliteit beslaan die noorde, midde en ooste van die Alblasserwaard-streek en 'n klein stukkie van die Vijfheerenlanden-streek in die uiterste suidooste.[1] Die suidoewer van die Lek-rivier vorm die noordelike begrensing en in die ooste grens Molenlanden sowel aan die provinsie Utrecht as aan die provinsie Gelderland.

Deur die westelike deel vloei die Graafstroom- of Alblas-riviertjie en deur die oostelike deel die Giessen-riviertjie. In die noordweshoek van die munisipaliteit staan die meulens van Kinderdijk ('n Wêrelderfenisgebied).

Plekke

Stad
  • Nieuwpoort
Dorpies
  • Arkel
  • Bleskensgraaf
  • Brandwijk
  • Giessen-Oudekerk
  • Giessenburg
  • Gijbeland
  • Goudriaan
  • Groot-Ammers
  • Hoogblokland
  • Hoornaar

  • Kinderdijk
  • Langerak
  • Molenaarsgraaf
  • Nieuw-Lekkerland
  • Noordeloos
  • Ottoland
  • Oud-Alblas
  • Schelluinen
  • Streefkerk
  • Wijngaarden

Gehuggies
  • Achterdijk (deels)
  • Achterland
  • Achthuizen
  • Bazeldijk (deels)
  • De Donk
  • Den Dool
  • Gelkenes
  • Graafland
  • Hoge Giessen
  • Klein Peursum
  • Kooiwijk

  • Laag Blokland
  • Lage Giessen
  • Liesveld
  • Minkeloos
  • Muisbroek
  • Overslingeland
  • Peursum
  • Pinkeveer / Nederslingeland
  • Rietveld
  • Vuilendam
  • Waal

Munisipale raad

Verkiesings sedert 2019:

PartySetels
2019
Setels
2022
Doe Mee! Molenlanden78
SGP56
CDA65
CU55
VVD32
Progressief Molenlanden11
Totaal2727

Naburige munisipaliteite

RidderkerkKrimpenerwaardLopik (UT)
Alblasserdam Vijfheerenlanden (UT)
PapendrechtSliedrecht, Hardinxveld-GiessendamGorinchem, West Betuwe (GE)

Verwysings

Eksterne skakels