Moerasgras

Die moerasgras[1] (Leersia hexandra Sw.) is 'n plant wat inheems aan Suid-Afrika is en wat in alle provinsies behalwe die Noord-Kaap voorkom.[2]

Moerasgras
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Monocots
(geen rang):
Commelinids
Orde:
Poales
Familie:
Subfamilie:
Oryzoideae
Tribus:
Oryzeae
Subtribus:
Oryzinae
Genus:
Leersia
Spesie:
Leersia hexandra

Sw.

Moerasgras het 'n pantropiese voorkomsgebied, ongeveer tussen 30 grade noord en suid. Dit kom veral in moerasse op kleigrond voor. In Suid-Amerika is dit die gunstelingkos van die kapibara Hydrochoerus capybara. Dit is goed vir beweiding en baie smaaklik wanneer dit jonk is.

Dit is 'n skarrelende meerjarige plant met blare wat 5 – 13 mm wyd en 40 – 60 cm lank word. Die blare is heldergroen en onaangenaam om te hanteer, wat die naam moerashaakblaar verklaar. Dit is naverwant aan rys en sy stekeltjies lyk ook baie soos rys, maar hulle is veel kleiner, ru en het vir grasse 'n ongewone kleur wat 'n bietjie baksteenrooi of oranje uitsien.[3]Dit het risome en uitlopers en groei dikwels in digte matte. Die stingels se knope is omkring deur kort hare. Die plant kan soms drywende eilande vorm en groei in water tot 1,8 m diep. Hierdie eilandjies bied dekking aan klein vissies. In rysvelde kan dit 'n onkruid word.[4]

Fotogalery

Verwysings