Messier 73

Messier 73 of M73 (ook bekend as NGC 6994 ) is ’n asterisme van vier sterre in die sterrebeeld Waterdraer. ’n Asterisme is sterre wat fisiek nie aan mekaar verbind is nie, maar van die Aarde af naby aan mekaar lyk.

Messier 73
Soort stelselAsterisme
SterrebeeldWaterdraer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming20h 58m 54s
Deklinasie-12º 38'
Skynmagnitude9
Besonderhede
Afstand (ligjaar)2 500
Skynbare grootte 2,8 boogminute
Ander nameM73, NGC 6994
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Geskiedenis

M73 is op 4 Oktober 1780 deur Charles Messier ontdek, wat dit aanvanklik as ’n sterreswerm van vier sterre met ’n effense newelagtigheid beskryf het. John Herschel kon egter geen newelagtigheid sien nie. Hy het ook getwyfel of dit ’n sterreswerm is. Tog het Herschel dit in sy General Catalogue of Nebulae and Clusters van diepruimtevoorwerpe opgeneem en John Dreyer het dit ook in die New General Catalogue opgeneem.[1]

In die begin van die 2000's was daar ’n klein debat oor die aard van M73 – of dit ’n swerm of asterisme is. Die saak is in 2002 opgelos toe M. Odenkirchen en C. Soubiran ’n verslag gepubliseer het waarin hulle demonstreer dat die sterre se afstand van die Aarde af in ’n groot mate verskil en dat hulle in verskillende rigtings beweeg, dus moet die sterre ’n asterisme wees.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

20h 58m 54s, −12° 38′ 00″