Messier 72

Messier 72 of M72 (ook bekend as NGC 6981) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Waterdraer. Dit is op 29 Augustus 1780 deur die Franse sterrekundige Pierre Méchain ontdek. Sy kollega Charles Messier het op 4 Oktober daardie jaar daarvoor gesoek en dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[1] Albei het gedink dit was ’n flou newel eerder as ’n sterreswerm.

Messier 72
Messier 72 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Messier 72 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort stelselBolswerm
SterrebeeldWaterdraer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming20h 53m 27,7s
Deklinasie-12º 32' 14,3"
Skynmagnitude9,35
Besonderhede
Afstand (ligjaar)55 000
Skynbare grootte 106 ligjare
Massa1,68 × 105 M
Ander nameM72, NGC 6981, GCl 118
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Met ’n groter instrument het die Britse sterrekundige John Herschel dit ’n "helder swerm sterre" genoem. Die Amerikaner Harlow Shapley het opgemerk dat dit ooreenstem met Messier 4 en Messier 12.[2]

M72 is sowat 55 000 ligjare van die Son af.[3] Sy massa is sowat 168 000 sonmassas[4] en dit is sowat 9,5 miljard jaar oud. Daar is 43 bekende veranderlike sterre in die swerm.[3]

Verwysings

Eksterne skakels

20h 53m 27.91s, −12° 32′ 13.4″