Messier 61

Messier 61 of M61 (ook bekend as NGC 4303) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 60 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 5 Mei 1779 deur Barnabus Oriani ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 61
Infrarooi foto van M61 deur die Spitzer-ruimteteleskoop.
Infrarooi foto van M61 deur die Spitzer-ruimteteleskoop.
Soort stelselSpiraalsterrestelsel
SterrebeeldMaagd
TipeSAB(rs)bc, HIISy2
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 21m 54,9s
Deklinasie+04º 28' 25"
Skynmagnitude10,18
Besonderhede
Afstand (ligjaar)60 miljoen
Skynbare grootte 6,5 × 5,8 boogminute
Ander nameM61, NGC 4303, UGC 07420, PGC 040001, MCG +01-32-022, USGC U490 NED310, MRC 1219+047, GC 2878
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

M61 is een van die grootste stelsels in die Virgo-sterrestelselswerm. Ses supernovas is al in M61 gesien:[1]

  • SN 2008in
  • SN 2006ov
  • SN 1999gn
  • SN 1964F
  • SN 1961I
  • SN 1926A

Verwysings

Eksterne skakels

12h 21m 54.9s, +04° 28′ 25″