Messier 26

Messier 26 of M26 (ook bekend as NGC 6694) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Skild. Dit is in 1766 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M26 is sowat 22 ligjare breed en sowat 5 000 ligjare van die Aarde af. Die helderste ster het ’n skynbare magnitude van 11,9. Die swerm is sowat 89 miljoen jaar oud.

Messier 26
Soort stelselOop sterreswerm
SterrebeeldSkild
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming18h 45,2m
Deklinasie-09º 24'
Skynmagnitude8
Besonderhede
Afstand (ligjaar)5 000 ligjare (1 530 parsek)
Skynbare grootte 15′.0
Ander nameNGC 6694
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

’n Interessante eienskap van M26 is die lae digtheid van die sterre naby sy kern; dit word waarskynlik veroorsaak deur ’n wolk of instellêre materiaal tussen die Aarde en die swerm.

Eksterne skakels

18h 45.2m 00s, −09° 24′ 00″