Messier 21

Messier 21 of M21 (ook bekend as NGC 6531) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 5 Junie 1764 deur Charles Messier ontdek wat dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het.

Messier 21

SoortOop sterreswerm
SterrebeeldBoogskutter
Regte klimming18h 04,6m
Deklinasie-22º 30'
Afstand4 250 ligjare (1 300 parsek)
Skynbare magnitude6,5 mag
Skynbare grootte (v)13′.0
Ander nameNGC 6531

M21 is ’n relatief jong sterreswerm van net sowat 4,6 miljoen jaar. Dit is ’n digte swerm, maar bevat sowat 57 sterre. Die meeste is klein en dof, maar ’n paar blou reuse is geëien. Dit is nie met die blote oog sigbaar nie, maar wel op ’n donker nag met ’n verkyker.

Eksterne skakels

18h 04m 36s, −22° 30′ 00″