Mercedes-Benz OM604-enjin

Die Mercedes-Benz OM604-enjin is 'n 1 997 cc (2,0 L) en 2 155 cc (2,2 L) inlynviersilinder dubbelbonokas (DBNA)-dieselenjin met indirekte inspuiting wat tussen 1993 en 1998 deur Mercedes-Benz vervaardig is. Dit het die vorige enkelbonokas (EBNA) OM601-enjin vervang.

  Mercedes-Benz OM604-enjin
Oorsig
Vervaardiger Mercedes-Benz
Produksietyd 1993–1998
Konfigurasie Natuurlike lugvloei inlynviersilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 2,0 L (1 997 cc)
2,2 L (2 155 cc)
Boorwydte 89 mm (3,50 in)
87 mm (3,43 in)
Slaglengte 86,6 mm (3,41 in)
84 mm (3,31 in)
Drukverhouding 22.0:1
Blok Gietyster
Stelsels
Klepwerking DBNA 4 kleppe per silinder
Brandstoftipe Diesel
Brandstofstelsel Indirekte inspuiting
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Bestuurstelsel Lucas
Enjinlewering
Kraglewering 55-70 kW
Wringkrag 135-150 Nm
Plek in geskiedenis
Voorganger MB OM601-enjin
Opvolger MB OM611-enjin

In teenstelling met ander Mercedes-Benz-diesels wat destyds 'n Bosch-inlynspuitpomp gebruik het, het die OM604 die Lucas elektroniesbeheerde inspuitpomp (EVE), wat minder betroubaar was, gebruik. Die seëls van die Lucas-inspuitpompe het mettertyd bros geword en begin lek. Aangesien die vervanging van die hele inspuitpomp baie duur is, is 'n herstelstel beskikbaar gestel waarmee die betrokke seëls vervang kan word.

Dit is verwant aan die Inlynvyfsilinder- 2,5 liter-OM605- en die inlynses 3-liter-OM606-enjins.

IDVerplasingBoor x slagMaks. krag (DIN-gemiddeld)Maks. wringkragJaarToepassings
OM 604.910 EVE2 155 cc (2,2 L)89 x 86,6 mm70 kW @
5000 rpm
150 Nm @ 3100 rpm1993-1998W202 C 220 D
OM 604.910 EVE55 kW @
5000 rpm
1996-1998W202 C 220 D taxi's
OM 604.912 EVE70 kW @
5000 rpm
1995-1998W210 E 220 D
OM 604.912 EVE55 kW @
5000 rpm
1996-1998W210 E 220 D taxi's
OM 604.915 EVE1 997 cc (2,0 L)87 x 84 mm65 kW @
5000 rpm
135 Nm @ 2000 rpm1996-1998W202 C 200 D
OM 604.917 EVEW210 E 200 D