Melville-eiland
Melville-eiland (Engels: Melville Island), die wêreld se 33ste grootste eiland en die agste grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 42 149 km². Melville-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Banks-eiland in die suidweste, Victoria-eiland in die suide, Prins van Wallis-eiland in die suidooste, Bathurst-eiland in die ooste, Ellef-Ringnes-eiland in die noordooste en Prins-Patrick-eiland in die noordweste. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. Die eiland is onbewoon en genoem na Robert Dundas, die tweede Burggraaf van Melville.
Melville-eiland Inheemse naam: Melville Island | |
---|---|
![]() Nasa-Satellietbeeld van die Melville-eiland | |
Geografie | |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 75°30′N 111°30′W / 75.5°N 111.5°W |
Argipel | Koningin-Elizabeth-eilande (Kanadese Arktiese Argipel) |
Oppervlakte | 42 149 vk km |
Administrasie | |
![]() | |
Gebiede | ![]() ![]() |
Demografie | |
Bevolking | 0 |
Die wêreld se 33ste grootste eiland en die agste grootste eiland van Kanada |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/61/Melville_Island%2C_Canada.svg/220px-Melville_Island%2C_Canada.svg.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/07/MelvilleIslandCloseupMap.png/220px-MelvilleIslandCloseupMap.png)
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Melville-eiland.
- (en) "Melville Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Melville Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris