Matthew Perry

Amerikaanse akteur

Matthew Perry (19 Augustus 1969 - 28 Oktober 2023) was 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Fools Rush In (1997) en The Whole Nine Yards (2000), en in die televisiereekse Friends (1994) en Studio 60 on the Sunset Strip (2006).

Matthew Perry
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Perry in 2013

GeboortenaamMatthew Langford Perry
Geboorte19 Augustus 1969
Williamstown, Massachusetts (VSA)
Sterfte28 Oktober 2023 (op 54)
Los Angeles, Kalifornië, VSA
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1987 — 2023
Rolprente17 Again
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Hy het die rol van Chandler Bing op die NBC-sitkom Friends vir tien jaar tussen 1994 en 2004 vertolk en het 'n Primetime Emmy-toekenningsnominasie in 2002 vir daardie rol ontvang. Hy is vir 'n Golden Globe-toekenning vir sy rol in The Ron Clark Story genomineer.

Lewensloop

Perry is in die Verenigde State gebore, maar het in Ottawa, Kanada, grootgeword. Hy was die seun van die akteur John Bennett Perry en Suzanne Marie Langford. Sy ouers het geskei toe Perry ongeveer 'n jaar oud was. Sy ma was 'n woordvoerder van die Kanadese premier Pierre Trudeau en Perry was 'n klasmaat van sy seun en latere premier, Justin Trudeau.

Perry moes kies tussen 'n loopbaan as akteur of as 'n professionele tennisspeler. Hy het 'n besonderse talent vir tennis gehad, maar het besluit om die akteursberoep te betree. Perry het tien jaar lank Chandler Bing in die televisiereeks Friends gespeel. Hy het gassterrolle in die Ally McBeal en The West Wing-reekse gespeel. Hy het ook stemwerk gedoen in die geanimeerde reeks, The Simpsons, en speel hoofrolle in Hollywood-films soos Fools Rush In, The Whole Nine Yards en 17 Again.

Perry het geworstel met alkohol- en dwelmverslawing, wat hy in sy outobiografie, Friends, Lovers and the Big Terrible Thing in 2022, aangehaal het. Hy het 'n deel van sy regtermiddelvinger gemis weens 'n ongeluk met 'n deur. In 2018 het hy 'n operasie ondergaan vir die perforasie van sy spysverteringskanaal en was hy twee weke in 'n koma.

Perry is op 28 Oktober 2023 op 54-jarige ouderdom in die Jacuzzi van sy huis in Los Angeles dood aangetref.[1][2][3][4][5]

Filmografie

Rolprente

  • 1997: Fools Rush In
  • 1998: Almost Heroes
  • 1999: Three to Tango
  • 2000: The Whole Nine Yards
  • 2002: Serving Sara
  • 2004: The Whole Ten Yards
  • 2007: Numb
  • 2008: Birds of America
  • 2009: 17 Again

Televisiereekse

  • 1987: Boys Will be Boys
  • 1990: Sydney
  • 1993: Home Free
  • 1994: Friends
  • 2006: Studio 60 on the Sunset Strip
  • 2010: Celebrity Liar
  • 2011: Mr. Sunshine
  • 2012: Go On
  • 2015: The Odd Couple

Televisierolprente

  • 1987: Morning Maggie
  • 1994: L.A.X. 2194
  • 1995: A Day with
  • 1997: Oops! The World's Funniest Outtakes 5
  • 2000: Hollywood Salutes Bruce Willis: An American Cinematheque Tribute
  • 2003: Glam Slam: WTA Fashion Show
  • 2006: The Ron Clark Story
  • 2007: Out of Control: 10 Celebrity Rehabs Exposed
  • 2008: The End of Steve
  • 2010: An Extras Night In

Video's

  • 1995: Microsoft Windows 95 Video Guide
  • 2005: Friends Final Thoughts
  • 2005: Friends Gag Reel: Season 9
  • 2009: Going Back to 17
  • 2009: Zac Goes Back

Eksterne skakels

Verwysings