Matoea

Matoea (Russies: Ма́туа; Japannees: 松輪島, Matsuwa-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Die naam kom van die taal Ainoe en beteken "Helmond".

Matoea
Eiland van die Koerile


LiggingSee van Ochotsk
Plaaslike naamМатуа
松輪島
ArgipelKoerile
Lengte11 km
Breedte6,5 km
Oppervlakte52 km2
Hoogste puntSaritsjef-piek
Hoogte1 496 m
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedSachalin-oblast
Bevolking0

Die eiland word van Raikoke geskei deur die Straat van Golownin van 16 km. Jagters en vissermanne het Matoea lank gelede reeds besoek, maar dit het geen permanente inwoners nie. In sommige vroeë Europese dokumente word na die eiland verwys as "Raukoke".[1]

Geologie

'n Uitbarsting van die Saritsjef-piek.

Matoea is rofweg ovaal, met 'n lengte van 11 km en 'n breedte van 6,5 km. Dit het 'n oppervlakte van 52 km2.[2] Die eiland is 'n vulkaan met twee hoofpieke.

Saritsjef-piek (Russies: вулкан Сарычева) in die noordweste van die eiland is een van die aktiefste vulkane op die Koerile. Die sentrale keël is 250 m breed, het baie steil kante en 'n gekeepte rand. Dit is sowat 1 496 m hoog. Lawa wat van al die kante van die piek afstroom, vorm kape aan die kus. Uitbarstings is sedert die 1760's aangeteken, insluitende in 1878-1879, 1923, 1930, 1946, 1960, 1976, 1981, 1987, 1989 en 2009.

Die een in 1946 was die grootste en het 'n piroklastiese vloei (van vulkaangesteentes) tot gevolg gehad wat die see bereik het. Die uitbarsting van 2009 was groot genoeg om lugverkeer tussen Noord-Amerika en Asië te beïnvloed.

Die veel kleiner piek suid van Saritsjef, Tengaizan, is 127 m hoog.

Verwysings

Skakels