Martin McDonagh

Martin McDonagh (gebore 26 Maart 1970) is ’n Britse en Ierse dramaturg, draaiboekskrywer en regisseur. Hy het as seun van Ierse ouers in Londen grootgeword en het dubbele Britse en Ierse burgerskap.[1] Hy is al beskryf as een van die belangrikste lewende dramaturge in Ierland.[2]

Martin McDonagh
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
McDonagh in 2012.

Geboorte26 Maart 1970 (1970-03-26) (54 jaar oud)
Camberwell, Londen, Engeland
NasionaliteitBrits, Iers
Beroep(e)Rolprentregisseur, dramaturg
Aktiewe jare1996-tans
RolprenteIn Bruges
Seven Psychopaths
Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
Internet-rolprentdatabasis-profiel

McDonagh het in 2006 ’n Oscar gewen vir beste lewende-aksie-kortprent en in 2018 ’n Golden Globe vir beste draaiboek.

Loopbaan

Teater

McDonagh se eerste ses toneelstukke is in twee trilogieë verdeel en speel af in en om County Galway, Ierland, waar hy dikwels as kind vakansie gehou het. Die eerste trilogie bestaan uit The Beauty Queen of Leenane (1996), A Skull in Connemara (1997) en The Lonesome West (1997),[3] en die tweede trilogie uit The Cripple of Inishmaan (1997), The Lieutenant of Inishmore (2001) en The Banshees of Inisheer (die derde toneelstuk is nooit gepubliseer nie, omdat McDonagh vasbeslote was "dit is nie goed" nie).[4][5]

Sy eerste nie-Ierse toneelstuk was The Pillowman.[6] A Behanding in Spokane is sy eerste stuk wat in die VSA afspeel; die première was in Maart 2010 op Broadway.[7] Die hoofspeler, Christopher Walken, is vir ’n Tony benoem vir beste akteur in ’n toneelstuk[7] vir sy vertolking van ’n moordenaar wat soek na die hand wat hy in sy jeug verloor het.[8]

Rolprente

In 2006 het McDonagh ’n Oscar gewen vir sy eerste rolprent, die swartkomediekortprent Six Shooter (2004).[9] Hy het daarna ’n ooreenkoms met die Focus Features-vervaardigingsmaatskappy aangegaan om die regisseur te wees van In Bruges, ’n rolprent wat op sy eie toneelstuk gegrond en in 2008 uitgereik is. Colin Farrell, Ralph Fiennes en Brendan Gleeson speel daarin. McDonagh is benoem vir ’n Oscar vir beste oorspronklike draaiboek.[10][11][12]

Dié prent is gevolg deur Seven Psychopaths,[13] wat op 12 Oktober 2012 in Amerika uitgereik is met Colin Farrell, Sam Rockwell, Woody Harrelson, Christopher Walken en Tom Waits.[14]

Sy drama-donkerkomedie van 2017, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri met Frances McDormand, Sam Rockwell en Woody Harrelson, se première was op 4 September op die Venesiese Rolprentfees en het goeie resensies gekry.[15] Op 17 September het dit die People's Choice Award gewen op die Toronto- Internasionale Rolprentfees en in Januarie 2018 vier Golden Globes, insluitende een vir McDonagh vir beste draaiboek.

Pryse en benoemings

Van Martin McDonagh se belangrikste pryse en benoemings is:

JaarPrysKategorieRolprentUitslag
2018Golden GlobeBeste regisseurThree Billboards Outside Ebbing, MissouriBenoem
Beste draaiboekGewen
2013BaftaBeste Britse rolprentSeven PsychopathsBenoem
2009OscarBeste oorspronklike draaiboekIn BrugesBenoem
BaftaBeste oorspronklike draaiboekGewen
2006BaftaBeste kortprentSix ShooterBenoem
2005OscarBeste lewende-aksie-kortprentGewen

Verwysings

Eksterne skakels