Mark Pilgrim

Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid

Mark Pilgrim (20 September 19695 Maart 2023) was 'n Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid wat talle radio- en televisieprogramme aangebied het, veral as 'n DJ op 5FM, 94.7 Highveld Stereo, 94.5 Kfm, Hot919 en toe Hot102.7fm.[1] Op televisie het hy beide seisoene van Big Brother South Africa, die eerste seisoen van Big Brother Africa en die M-Net-speletjieprogram Power of 10 aangebied.

Mark Pilgrim as die aanbieder van Power of 10.

Radioloopbaan

Mark Pilgrim het sy radioloopbaan op Voice of Wits-kampusradio in die 80's begin. Hy het in 1995 by 5FM aangesluit. In 2003 het hy 5FM[2] verlaat en by 94.7 Highveld Stereo in Johannesburg aangesluit.[3] In Oktober 2007 het Pilgrim 'n musiekprogram aangebied wat gelyktydig op 2 radiostasies uitgesaai is (KFM en 94.7).[4] Hy het aan die einde van Junie 2014 uit die radio getree,[5] maar het 'n paar maande later teruggekeer na die splinternuwe Hot 91.9FM in Johannesburg, aanvanklik net 'n Saterdagoggendprogram 09:00 - 12:00 gedoen, maar uiteindelik voltyds teruggekeer na radio en doen ook Maandag tot Vrydag 9 vm – middag. In 2015 het hy 'n MTN Radio-toekenning vir die beste naweekradioprogram in Suid-Afrika ontvang,[6] en in 2019 die Liberty Radio-toekenning vir die beste dagprogram in Suid-Afrika gewen. In 2021 is Pilgrim opgeneem in die South African Radio Awards Hall of Fame vir sy bydrae tot die radiobedryf.

Televisieloopbaan

  • New Moves (e-TV: 1999–2000)
  • Big Brother South Africa 1 (M-Net: 2001)
  • Big Brother South Africa 2 (M-Net: 2002)
  • Big Brother Africa (DStv: 2003)
  • Retail Therapy (M-Net: 2002–2005)
  • Face 2 Face (SABC2: 2004)
  • Sex Etc. (M-Net: 2005)
  • Blue Wave (Korporatief: 2004–2018)
  • What's Brewing (Korporatief: 2007–2008)
  • Power of 10 (M-Net: 2008)

Afsterwe

In Februarie 2022 is Pilgrim weer met kanker gediagnoseer, hierdie keer stadium 4 longkanker. Hy is op 5 Maart 2023 in die ouderdom van 53 oorlede.[7]

Verwysings