Mapungubwe- Nasionale Park

Die Mapungubwe- Nasionale Park is in 1995 gestig om die area rondom die geskiedkundige Vhembe Dongola of Mapungubwe te bewaar. Mapungubwe beteken plek van die jakkals. Dié park is in die noordelike deel van die Limpopoprovinsie geleë en is 28 000 ha groot. Die naaste dorpe is Musina (voorheen Messina), 90 km oos van die park en Alldays, 58 km suidwaarts. Die hoogte bo seevlak wissel van 300 tot 780 m. Die grenspos Pontdrif is net wes van die park.

Mapungubwe- Nasionale Park
LandSuid-Afrika
ProvinsieLimpopo
Naaste dorpAlldays
Ligging van Mapungubwe- Nasionale Park op 'n kaart (Limpopo)
Mapungubwe- Nasionale Park
Mapungubwe- Nasionale Park
Koördinate: 22°15′0″S 29°12′0″O / 22.25000°S 29.20000°O / -22.25000; 29.20000
Oppervlak28 000 ha
Openingsjaar1995
BestuursliggaamSANParke
WebbladMapungubwe- Nasionale Park

Wildlewe in die park

Onder die wildspesies wat in die park aangetref word tel

Besienswaardighede

Die vernaamste besienswaardighede in Mapungubwe is die volgende:

  • Die verlore stad: 'n Afrikabeskawing het hier gewoon tussen 1200 en 1270. Kunsskatte soos die goue renoster is hier gevind.
  • Soogdiere: die Groot Vyf kan hier besigtig word.
  • Landskap: Sandsteenformasies, mopanie-bosveld en rivierwoud word in die park aangetref.
  • Oorgrenspark: 'n ooreenkoms is met Botswana en Zimbabwe onderteken om 'n oorgrensbewaararea te vestig.

Bron

Die Mapungubwe-koppie.
  • Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.